Kiepersol House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

By Kiepersol House sal jy so tuis voel soos by jou eie huis! Dit is ideaal geleë in Mpumalanga en dit is slegs 'n 3.5 uur rit vanaf Johannesburg. Hier sal jy rus en vrede ervaar, ver weg van die stad se gejaag, maar steeds met al die luukse geriewe van jou eie huis. Die instansie was ook 'n finalis-in die 2015 Sanlam Top Destination Awards.

Dit is 'n luukse selfsorg-gastehuis met 3 slaapkamers met slaapplek vir tot 8 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n Jacuzzi/Spa-bad en 'n aparte instapstort. Daar is 'n koningingrootte-bed in die hoofslaapkamer. Die hoofslaapkamer het ook sy eie TV met DStv. Die tweede slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer is 'n ruim kamer met genoeg spasie vir 2 dubbelbeddens. Die huis het sy eie privaat swembad wat uitkyk oor die Da Gama-dam. Al die handleidings vir geriewe en toestelle in die instansie kan in die kombuiskas gevind word indien gaste daarna moet verwys, sou daar verwarring voorkom.

Wild is deel van Kiepersol House omdat dit saam met die bekende Hulala Lakeside Lodge, in die Hazy Riviereservaat geleë is. Moet dus nie verbaas wees as sebras jou besoek terwyl jy in die swembad afkoel nie. As 'n gas by Kiepersol House het jy ook toegang tot al Hulala Lakeside Lodge se geriewe en jy mag met Hulala se verlof hiervan gebruik maak.

Ons instansie is halfpad tussen Witrivier en Hazyview op die R40. Van hier af kan jy al die pragtige plekke op die Panorama-roete en die Krugerwildtuin besoek. Ons is slegs 35 km vanaf die Phabeni Krugerwildtuin-hek.

Kiepersol House is uiters geskik vir entoesiastiese gholfspelers aangesien daar 4 pragtige gholfbane in die omliggende omgewing geleë is. Dit is die Sabi River Sun-baan, Kruger Park Lodge-baan en die Witrivier- en Nelspruit-gholfbane. Kiepersol House bied ook aan natuurliefhebbers die geleentheid om al die wildreservate in die omgewing te besoek. Dit is na aan die Krugerwildtuin geleë en indien jy daarvan hou om 'n rit op die rug van 'n olifant te onderneem kan jy dit ook daar doen. Indien gaste egter verkies om nêrens heen te gaan nie, kan hulle die vrede van die natuur en die wilde diere rustig vanaf Kiepersol House se patio geniet, dikwels terwyl die son skouspelagtig in die verte sak. Ons weet dat jy jou verblyf by ons sal geniet en lekker uitgerus sal wees wanneer jy aan die einde van jou besoek vertrek.

Slaapplek

'n Bespreking by Kiepersol House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 4 persone
2 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Jacuzzi
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Kaggel
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kiepersol House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 950 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za