Kiepersol Kloof Bosveld Wegbreek Plek

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kiepersol Kloof Bosveld Wegbreek Plek is op 'n plaas net 30 km buite Rustenburg geleë. Die selfsorghuis is ideaal vir 'n naweekwegbreek en het slaapplek vir 6 volwassenes en 4 kinders.

Die huis het 3 en suite-kamers waarvan 2 op die onderste verdieping is. Dié twee kamers het elkeen 'n dubbelbed en die een kamer het 'n bad en die ander 'n stort. Die derde kamer is op die boonste verdieping en het 'n dubbelbed, stapelbed en en suite-badkamer met 'n bad. Al die kamers het lugversorging.

Die leefarea is ingerig met 'n slaapbank en TV en die kombuis is goed toegerus met 'n yskas-vrieskas, oond, stoof, wasmasjien en skottelgoedwasser. Die huis het 'n stoep met braaigeriewe en 'n buite-eetstel.

Die plaas bied 'n gemeenskaplike swembad, lapa en braaigeriewe wat gaste mag gebruik.

Dis aan die suidelike kant van die Magaliesberge geleë en daar is dus 'n 7 km grondpad van die N4 af wat gaste sal moet ry. Dit is geskik vir 'n klein voertuig, gaste moet maar net stadig ry.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kiepersol Kloof Bosveld Wegbreek Plek gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 000 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]