Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kimburu Bushcamp

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Mooiplaats 23, Langs die N11, Middelburg, 1050, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Kimburu Bushcamp is die ideale selfsorgverblyf vir diegene wat op soek is na 'n bosveldwegbreek wat nie te ver uit die dorp is nie. Kimburu is 25 km vanaf Middelburg op die N11 in die rigting van Loskopdam Natuurreservaat.

Kimburu Bushcamp bied verskeie verblyfopsies soos Gesinskamers met 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens, ideaal vir 'n familie. Daar is ook dubbelkamers met 'n dubbelbed wat ideaal is vir paartjies. Die Boma-chalets het dubbelbeddens en is ideaal vir groter groepe. Die Safaritent met 'n dubbelbed bied 'n heerlike boskamp-ervaring en die Dome Tent met 'n dubbelbed.

Die Gemeenskaplike kombuis is toegerus met yskas-vrieskas, gasstoof, mikrogolfoond, ketel, eetgerei en kookgeriewe. 'n Boma en braai-area maak dit 'n heerlike kuiergeleentheid met vriende of familie. Daar is braaigeriewe by van die chalets vir meer privaatheid.

Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die hele kamp kan eksklusief bespreek word wat ideaal is vir familie-saamtrekke, afskeidsfunksies, verjaarsdae, kinderpartytjies en reünies. Daar is slaapplek vir 28 gaste.

Kom wees lui en ontspan rustig langs die swembad. Gaste moet asseblief hulle eie swemhanddoeke saambring.

Die plaas bied 'n rustige, ontspanne atmosfeer. Kinders is welkom om hul eie fietse saam te bring. Kimburu het verskeie diere wat gewoonlik die kinders se aandag trek. Stoffel en Blinkie - die stokstert-meerkatte is alte nuuskierig as iemand kom groet. Volstruise, makoue, ganse, hoenders kalkoene en tarentale is van die ander diere. Voëlkykers sal die ryk voëllewe soos die bosveld-visvanger, paradys-vlieëvanger, piet-my-vrou, houtkapper, suikerbekkies en kwêvoël geniet en natuurliefhebbers kan rustig die wandelroetes volg en die eekhorinkies in die boskamp sien rondrits.

Kom sit agteroor en geniet 'n lafenis om die kampvuur met die tarentale en bospatrys se roep in die skemer. Hier is die sterre ons buiteligte!!

Kimburu Bushcamp bied 'n absoluut onvergeeflike ervaring waar jy jouself in die bos kan verloor.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.5 uit 5van 46 resensies vir Kimburu Bushcamp
Netheid
4.5/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Mooiplaats 23, Langs die N11, Middelburg, 1050, Mpumalanga
  • Gaste dink Kimburu Bushcamp het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Loskopvallei Mpumalanga
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Mooiplaats 23, Langs die N11, Middelburg, 1050, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDczNTdhOTU1LWNlNWItNDllZi05Njc5LWY1YTczYWE5N2FhZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 46 5 1 5 23 Mooiplaats Off the N11 1050 Mpumalanga 021 201 8901 13:00-20:00 12:00 -25.559333627828 29.47391420073