Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

King's Grant Country Retreat

B&B
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sutherland Farm On D527, Ixopo, 3276, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Kom en ervaar die bekoring en atmosfeer van die King's Grant Country Retreat in Ixopo in KwaZulu-Natal. Ons bied B&B-verblyf en selfsorg-suites wat smaakvol gemeubileer is.

Die oorspronklike leefkwartiere van die Nederlandse monnike en Duitse nonne is stylvol opgeknap en word vandag as 10 gemaklike, individueel versierde, en suite-gastekamers gebruik. Daar is ook drie volledig toegeruste selfsorg-suites. Ons bied slaapplek vir 25 tot 26 gaste. Daar is ook gratis WiFi-kuberkolle in meeste van die kamers aangesien nie al die kamers selfoon-oopvangs het nie. Elke gastekamer het 'n DStv-pakket, 'n teeskinkbord en tuisgemaakte koekies, waaiers en verwarmers, elektriese komberse en 'n privaat stoep wat na die tuin lei waar gaste kan sit en ontspan, afwen en 'n blik op die verlede kan waardeer.

Die sonderlinge kapel, met 'n statige, gotiese styl kloktoring en oorspronklike brandskilderglas-vensters, is in die hartjie van die dorp geleë. Dis ideaal vir klein en intieme seremonies van tot 70 gaste. Ons konferensiesentrum is in die historiese St. Isidor Meul geleë en bied 'n pousekamer plus 'n stylvolle sitkamer vir tee in. King's Grant bied die perfekte stil area vir 'n produktiewe konferensie. Gaste kan landelike gasvryheid, heerlike kos, en aandag aan die fynste besonderhede te wagte wees.

Die Meul huisves ook 'n kuns-ateljee wat individue of groepe kan gebruik. Die Restaurant en die banketsaal lei na 'n blomryke binnehof met 'n fontein, en hier word heerlike maaltye, tee of middagetes bedien. Vir 'n goeie wyn- en eetervaring in ons gelisensieerde restaurant is bespreking noodsaaklik.

Op die perseel kan die die geskiedenis van King's Grant verken word. Dink byvoorbeeld aan die St. Isidor Meul met geelhout en Baltiese dennehout en die Grofsmid se werkswinkel. Die ryk voëllewe met meer as 200 opgetekende spesies dra by tot die ervaring. Gaste kan ook visvang, kano, fietsry, stap ... en baie foto's neem!

Plaaslike doendinge sluit in die Paton's Country Express ('n nou stoomtrein), bergfietsry en voëlkyk, onder andere die rare Kaapse Papegaai en Blou Swaeltjies.

Kenmerke

Afrikaans

Geriewe

  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 6 resensies vir King's Grant Country Retreat
Netheid
4.7/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Sutherland Farm On D527, Ixopo, 3276, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink King's Grant Country Retreat het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

KwaZulu-Natal
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 300
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 17 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Sutherland Farm On D527, Ixopo, 3276, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc633340b67145bc62acaaa6980e2d3de19940b6a05c4b9301312e0d08ce19cf43b79b5ea6e4b77c9e290b9805726541745e1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense 6 5 1 5 Sutherland Farm On D527 Ixopo 3276 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.152600189972 30.10572552681