LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Kingfisher 25 | LekkeSlaap
+19

Kingfisher 25

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Spink-weg, Kingfisher, Shelly Beach, Margate, 4265, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R770 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Kingfisher 25 bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n woonstel op die grondverdieping van die Kingfisher-kompleks wat 'n uitsig oor die vleiland van die St. Michael's-strandmeer bied. Kingfisher het 'n gepaste naam omdat die voëllewe in die omgewing en al langs die rivier uitgebreid is. Gaste kan ook hierdie voëlspesies sien deur middel van trapboot-uitstappies vanaf die strand wat sowat 200 m van die eenheid af geleë is.

Dié sonnige grondverdieping-woonstel is langs goed-onderhoude grasperke wat dit ideaal vir gesinne maak. Dit het ruim slaap- en leefareas.

Die woonstel beskik oor 3 slaapkamers en het slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede en derde slaapkamers het 2 enkelbeddens elk. Die hoofslaapkamer lei deur 'n skuifdeur na 'n balkon en het 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die ander 2 slaapkamers het groot vensters wat 'n uitsig oor die agterste tuine en bome bied en dié kamers gebruik 'n tweede badkamer wat 'n bad het.

Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolf toegerus en daar is 'n ontbyttoonbank en 'n ruim sitarea met 'n platskerm-TV en 'n OpenView-dekodeerder langsaan. Die sitarea lei deur dubbeldeure na 'n onderdakbalkon waar gaste buitelug-etes kan geniet.

Die woonstel het ook plafonwaaiers vir die somermaande.

Die kompleks word met toegangsbeheer en sekuriteitswagte beveilig. Dit het 1 onderdakparkeerplek, maar daar is ekstra gasteparkeerplek indien nodig. Die kompleks het instaan-watertenke in die geval dat daar munisipale wateronderbrekings is.

Linne word vir al die beddens voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swem- en badhanddoeke saambring.

Die kompleks skuil tussen majestueuse, groot bome in goed-onderhoude tuine met groot grasperke. Daar is 'n gemeenskaplike swembad en 'n kinderswembadjie, asook braai-areas, tafels en 'n klubhuis. Die Southcoast Mall is naby en het winkels en fliekteaters.

St. Michael's Beach is 'n gewilde wegbreek vir branderplankryers weens sy lekker golwe. Dit is ook gewild onder gesinne weens die groot groen grasperke, getypoel, varswaterswembad en restaurante en daar is kroeë, wegneemeetplekke, snoepwinkels en seisoenale vermaak.

Slaapplek

’n Bespreking by Kingfisher 25 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Spink-weg, Kingfisher, Shelly Beach, Margate, 4265, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R770
per nag (plek vir 6)
Vanaf R770
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Spink-weg, Kingfisher, Shelly Beach, Margate, 4265, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2a14a6de92b9f5399dfb1e4cd3fc85a500138cfc70b43775464b1d0ddde100ff056a47e90f5d51337574c6efb4ec880ceaf5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R770  per nag (plek vir 6) Spink Road, Kingfisher Shelly Beach 4265 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-21:00 09:00 -30.816788821046 30.40453967791
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!