Kingfisher Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kingfisher Cottages is net 'n paar meter van Long Beach af by Agate Terrace aan die einde van 'n lang grondpad. Dié 2 kothuise skuil in 'n tropiese tuin en het plek vir 6 of 11 gaste. Altwee kothuise het stoepe en see-uitsigte.

Die eerste kothuis het 2 slaapkamers (die een kamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed en die ander kamer het 2 enkelbeddens en 2 badkamers (een volledige badkamer en een badkamer met net 'n stort). Die slaapbank en die sitkamer bied slaapplek vir nog 3 gaste, en die kombuis is volledig toegerus met 'n vrieskas-yskas, diepvrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf en 'n ketel. Daar is 'n skuifdeur in die slaapkamer wat oopmaak op 'n dek met 'n uitsig oor die pragtige tuin - ideaal vir 'n skemerkelkie of 'n drankie onder die sterre.

Die tweede kothuis het 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 1 dubbelbed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens, en die oopplan-kombuis is volledig toegerus met 'n rustieke gasstoof en oond, yskas-vrieskas, broodrooster en ketel. Die oopplan-area is toegerus met 'n slaapbank wat opgemaak kan word as 2 enkelbeddens. Daar is 'n badkamer met 'n stort en die sitkamer se skuifdeure maak oop op 'n stoep en 'n dek met 'n uitsig oor die tuin.

Beide kothuise is toegerus met TV's en DStv (bring asseblief jou eie dekodeerder en slimkaart saam) en draagbare braais.

Hengelaars sal mal wees oor al die visvangplekke in Port St Johns, soos Poenskop, First Beach, Second Beach en die Umzimvuburivier. Gaan speel gerus ook 'n rondte gholf by die 9 putjie-gholfbaan of besoek een van die eetplekke.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kingfisher Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za