Kingfisher Kleinmond

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kingfisher in Kleinmond is 'n duplekswoonstel met 2 slaapkamers en 2 badkamers wat net 50 m van die hoofstrand en strandmeer af is. Die eenheid is wonderlik vir 4 gaste wat op soek is na 'n vakansie-ervaring.

Die hoofslaapkamer is op die boonste verdieping met 1 koningingrootte-bed en 'n leeshoekie met 'n uitsig. Die en suite-badkamer het 'n bad, 'n handstort, 'n toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer is op die onderste verdieping met 2 enkelbeddens. Dit het toegang tot die stort, wasbak en toilet.

Die kombuis is toegerus met 'n tweeplaatstofie, mikrogolf, ketel, broodrooster, breekware, eetgerei en kooktoebehore. Die sitkamer het 'n TV met DStv-toegang (vir gaste wat hulle eie DStv-dekodeerder en slimkaart saambring) en 'n DVD-speler. Die sitkamer bied toegang tot die stoep wat spog met 'n uitsig oor die berg en strandmeer. Tuinmeubels en 'n draagbare braai is ingesluit. Kinders kan lekker op die grasperk baljaar. Die woonstel sluit parkeerplek van die straat af in. Geen troeteldiere of rook word toegelaat in die eenheid nie.

Kingfisher is net 100 m van die Sandown Blues Restaurant and Cocktail Bar af.

Slaapplek

'n Bespreking by Kingfisher Kleinmond sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kingfisher Kleinmond gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za