Kingfisher Unit C

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 20 % af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Des 2019 tot 13 Des 2019.

Beskrywing

Kingfisher Unit C is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks met uitsigte oor die rivier en die strandmeer. Dié woonstel het die ideale ligging na aan die bekende St Michaels-strand. Dis perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf by die see.

Die woonstel het 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n plafonwaaier. Die tweede slaapkamer is toegerus met 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer het net 'n stort en die tweede badkamer het 'n bad. Die hoofslaapkamer het ook 'n plafonwaaier.

Die woonstel het 'n volledig toegeruste kombuis waar jy na hartelus kan kook, en 'n oopplan-eetarea en -sitarea. Die kombuis is goed toegerus met 'n oond, stoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser en 'n wasmasjien. Die leefarea het gerieflike rusbanke, 'n plafonwaaier en 'n platskerm-TV en 'n DStv-koppelpunt. Die leefarea lei na 'n balkon met buitemeubels wat oor die rivier uitkyk.

Gaste kan gebruik maak van die gemeenskaplike braaigeriewe en swembad, of net in die tuin en klubhuis ontspan.

Slaapplek

'n Bespreking by Kingfisher Unit C sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kingfisher Unit C gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 R600 per nag (plek vir 4)

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Des 2019 tot 13 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za