Kingfisher Waverley

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kingfisher Waverly is 'n losstaande selfsorgwoonstel op ons perseel. Dit is in 'n lowerryke buurt naby die berge in Waverley in Pretoria geleë. Kom ontspan by dié rustige tuiste waar jy so tuis soos by jou eie huis sal voel. Dit is perfek vir 'n jong paartjie of ander groep van 2.

Die woonstel het 'n privaat ingang met 'n slaapkamer, privaat badkamer, sitarea en kombuisarea. Die slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n laaikas vir ekstra stoorplek. Die badkamer het 'n reënstort, 'n wasbak en 'n toilet. Die sitkamer het 'n snoesige rusbank en 'n TV met DStv. Die kombuis skakel met die sitkamer en is volledig toegerus met 'n yskas, mikrogolf en die nodige geriewe. Parkeerplek is veilig agter 'n afstandbeheerde hek en die perseel het 24 uur-sekuriteit om jou gerus te stel.

'n Tweede tweeslaapkamereenheid is langs die hoofhuis beskikbaar met 'n aparte ingang. Die woonstel het 'n hoofslaapkamer met 'n bed en nog 'n bed in die ander slaapkamer. Geriewe in die kamer sluit 'n kombuisie, TV, en WIFi, asook 'n stort, wasbak en 'n toilet in die kelder in. 'n Privaat en veilige parkeerplek is langs die woonstel beskikbaar.

Gaste het toegang tot 'n lieflike, gemeenskaplike swembad vir warm somersdae. Braai gerus in die pragtige tuin of gaan stap sommer 'n entjie in die woonbuurt rond. Die eienaar bly in die hoofhuis.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kingfisher Waverley gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false