Somerset-Wes Akkommodasie by Kings Highway Guest House | LekkeSlaap
+37
+37

Kings Highway Guest House

27 resensies
Gastehuis
  • Vanaf R850 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 15 Quinan Pad, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Die privaateiendom staan bekend as King’s Highway Gastehuis. Dié pragtige ontwerpershuis spog met ekstra-groot slaapkamers. Die Tafelberg-sandsteen afwerking van die buitemure verleen ekstra bekoring.

Jou eie privaat uitgang na die stoep bied direkte toegang tot ‘n tuin. Verfris jouself in die reuse swembad of luister na die voëlgesang en hou die tarentale, fisante en eekhorings dop terwyl jy in die skadu van die bome ontspan. King’s Highway word aan drie kante omring met groen areas en is reg langs die Somerset-Wes Golfbaan. Begin jou dag met ‘n watertand-ontbyt in eetkamer of in die tuin terwyl jy 'n daguitstappie beplan na een van die talle toeristebestemmings wat die Moederstad bied.

In die Strand kan jy sonbaai en luilekker op die sand rondlê of swem in Valsbaai se verfrissende see of jy kan net stap al langs die wit strand. Jy kan ook gaan voetslaan of net wandel langs die vele roetes in die Helderberg Natuurreservaat. Kaapstad bied Tafelberg wat aktiewe gaste kan klim of minder aktiewe gaste kan met die kabelkarretjie tot heel bo ry. Onderneem 'n bootvaart na Robbeneiland of luister na 'n skemeraand-orkes met 'n piekniek in die Kirstenbosch Botaniese Tuine. Die Two Oceans Akwarium by die Waterfront is 'n belewenis op sy eie en dan is daar nog die "Red Shed" langsaan vir inkopie-doeleindes. Stellenbosch het 'n oorvloed van historiese argitektuur en aangename verrassings vir jou om te ontdek. Franschhoek is 'n mekka vir kunsliefhebbers en is ook die fynproewershoofstad van Suid-Afrika met sy talle top-restaurante. Doen 'n wyntoer of ry die skilderagtige roete na Hermanus om die walvisse te besigtig en die rob- en voëlreservate te besoek. Bederf jouself met Kaapse kookkuns by een van die talle restaurante in die area en kom dan tuis na 'n genotvolle dag vir 'n goeie nagrus tussen vars, spierwit lakens.

Na jou verblyf by King’s Highway, sal alle genotvolle ervarings daarna jou met daardie nostalgiese "déjà vu"-gevoel laat!

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Reisigerstjeks
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 27 resensies vir Kings Highway Guest House
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.6/5

Ligging

  • 15 Quinan Pad, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kings Highway Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R850
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R850
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R850
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 15 Quinan Pad, Somerset-Wes, 7130, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAm60kUDwgYIeLQZimHE1jSzTKrwkaoE5FxjIs2azSUVsMhPOI6p?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R850  per nag (vir 2 persone) 27 5 1 5 15 Quinan Road Somerset West 7130 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -34.076905391532 18.837658166885
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za