Kingston Place 11

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 15 % af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 11 Des 2019 tot 19 Des 2019.

Beskrywing

Hierdie selfsorgwoonstel met sy uitsig oor die mooiste sonsondergange is in Jeffreysbaai geleë en kyk uit oor Marina Martinique, 'n manjifieke tentoonstelling van mensgemaakte waterweë, brûe en luukse huise in 'n veilige omheinde omgewing.

Die woonstel bestaan uit 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n volledig toegeruste kombuis, 'n platskerm-TV met kringklank en DStv (bring asb. jou eie dekodeerder saam). Die woonstel is gerieflik gemeubileer en sluit 'n slaapbank en wasgoedgeriewe in. Die kompleks is omring deur voëllewe en jy kan die visse dophou van jou balkon af terwyl jy die ingeboude braai benut.

Alhoewel die omgewing 'n rustige atmosfeer het, is Jeffreysbaai se middedorp net 4 km se ry weg met 'n opwindende naglewe, "surf shops" en 'n verskeidenheid restaurante. Gaste het toegang tot aktiwiteite soos duik, branderplankry, sandplankry, vlieërbranderry en bootritte.

Slaapplek

'n Bespreking by Kingston Place 11 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Area 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelslaapbank

Kenmerke

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Kamergeriewe

  •  Waaier

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kingston Place 11 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 R1 000 per nag (plek vir 4)

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 11 Des 2019 tot 19 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za