Kinmel Guest Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 15 % af

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Beskrywing

Kinmel Gasteplaas bied die geleentheid om weg te breek, te ontspan en te herlaai. Kom ervaar die prag van die Suidelike Drakensberge.

Die plaas met sy uitgestrekte landskap en berghange is net anderkant die dorpie Rhodes, wat onlangs as erfenisgebied verklaar is. Dié afgesonderdedorpie kan slegs met 'n grondpad bereik word.

'n Ou skuur is in 2 afsonderlike, volledig toegeruste chalets omskep. Elke eenheid het 'n kombuis en 2 badkamers met 'n bad en stort. Dis ruim genoeg vir tot 8 gaste, maar ook gesellig vir 2 gaste wat alleen wil wegbreek.

Wilgerboom Chalet het slaapplek vir 8 en Bergstroom het slaapplek vir 11. Gaste kan ook dié 2 eenhede kombineer en die hele familie saambring.

Kinmel het 'n fantastiese ligging naby van die mooiste bergpasse in Suid-Afrika. Dis naby die voet van die Naude's Nekpas, en net 20 km vanaf Tiffindell Ski-oord en Ben McDhui, die hoogste piek in die Kaap. Tien van die hoogste passe in die land is maklik van Kinmel af bereikbaar.

Kinmel bied nie net kindervriendelike chalets met kaggels, heerlike braaistoepe en 'n groot grasperk nie, maar is ook 'n produserende plaas. Die geblêr van die skape dra by tot die rustige atmosfeer. Die Bellrivier vloei deur die plaas en is net 500 m van die chalets af. Dié rivier se kristalhelder water is menige forelhengelaar se droom.

Bedags kan gaste gaan voetslaan, wilde diere raakloop, die pragtige plantegroei bewonder en dalk selfs die bedreigde baardaasvoël gewaar. Snags is daar 'n pragtige sterrehemel om te aanskou. In die wintermaande word die grasperk by Kinmel soms oornag in 'n wit sneeuparadys omskep.

Kom pak vroeg soggens 'n wandelpad aan, gaan verken Suid-Afrika se mooiste bergpasse, of wandel teen sononder langs die rivier en maak lyn nat. Aan die einde van 'n opwindende dag kan gaste by die kaggelvuurtjie agteroorsit.

Kinmel is die plek waar arende hul vlerke kom sprei!

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kinmel Guest Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R590 R502 per nag (vir 2 mense)

Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za