Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Klaarfontein Guest Farm

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Plaas Klaarfontein, Harrismith, 9880, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R900 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Klaarfontein Guest Farm bied gerieflike selfsorgverblyf op 'n plaas, net 5 km vanaf die N3 naby aan Swinburne en ook naby aan Van Reenenspas by Harrismith.

Ons selfsorg-eenhede bestaan uit 'n eenheid vir 9 gaste wat beskik oor 3 slaapkamers, asook 'n eenheid vir 5 gaste met 2 slaapkamers. Albei van die eenhede het 'n toegeruste kombuis, 2 gerieflike sitkamers met knus kaggels en ondervloerverhitting. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, elektriese oond, eetgerei en breekware.

Braaipakke is op versoek beskikbaar. Al die nodige beddegoed word voorsien, maar gaste moet asseblief hul eie handdoeke saambring. Daar is oorgenoeg parkeerplek beskikbaar .

Op Klaarfontein kan jy en jou gesin die plaas te perd, op jou eie bergfiets, 4x4 of vierwielmotorfiets gaan verken. Die Wilgerivier loop deur die plaas en gaste kan kilometers ver roei of die Sterkfonteindam besoek. Laasgenoemde is sowat 50 kilometer van Klaarfontein af. Hier is ook heelwat plekke waar hengelaars lyn kan natmaak. Ander doendinge in die omgewing sluit perdry en bergfietsry in.

Dit sneeu gereeld hier gedurende die winter en ons raai jou aan om 'n 4x4-voertuig in hierdie toestande te gebruik.

Swinburne is sowat 5 km van Klaarfontein Guest Farm af. Besoek gerus hierdie dorpie vir basiese benodighede, brandstof en wegneemetes.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Visvang
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4 uit 5van 5 resensies vir Klaarfontein Guest Farm
Netheid
3.8/5
Diens
4.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ligging

  • Plaas Klaarfontein, Harrismith, 9880, Vrystaat
  • Gaste dink Klaarfontein Guest Farm het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R900
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Plaas Klaarfontein, Harrismith, 9880, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDNhNDNkZjFjLWQ5OTgtNGYzZi04OWY1LTA1NjUyYTg1MWE2MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag, vir 2 mense 5 5 1 4 Klaarfontein Farm Harrismith 9880 Vrystaat 021 201 8901 14:00-18:00 11:00 -28.335552994104 29.299332797527