30% af Kry 30% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
Klaasvoogd West Akkommodasie by Klaasvoogds Cottages | LekkeSlaap
+62
+62

Klaasvoogds Cottages

  • Langtermynverblyf-aanbod - Kry 30% af
  • Vanaf R1 450 R1 015 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Geduldplaas 251, Klaasvoogds Cottages, Klaasvoogds-Oos, Robertson, 6705, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 10

Beskrywing

Klaasvoogds Cottages bied 2 bekoorlike, luukse selfsorg-vakansiekothuise wat albei goed toegerus is vir langer verblyf. Die kothuise is in die pragtige Klaasvoogsvallei aan die voet van die Langeberge geleë.

Klaasvoogds Cottages is sentraal geleë op Roete 62 in die Robertson-wynvallei en is naby verskeie gewilde besienswaardighede. Die naaste dorpe is Robertson en Montagu, 'n oulike dorpie in die Klein-Karoo wat 1 van die mooiste dorpies in Suid-Afrika is met sy kombinasie van wingerde, boorde en pragtige erfenisgeboue.

As jy net wil ontspan, kan jy die lieflike uitsigte oor die wingerde en op die berge uit elke venster sit en bewonder. Op koue aande kan jy met 'n boek of 'n glas wyn voor die knetterende kaggelvuur sit en kuier. Soos dit afkoel ná 'n warm somersdag kan jy op die stoep ontspan en dophou hoe die sonsondergang mettertyd in 'n sterrehemel verander. Gaan smul gerus aan fynproewersdisse by Suid-Afrika se beste, bekroonde restaurante, soos Fraai Uitzicht en Succulent. Proe wyn by 1 van die meer as 50 wynplase, olywe by Marbrinplaas, plaaslike geproduseerde kaas by Montagne Deli en heerlike, vars brood by Rambling Rose. Gaan op wildritte en beplan 'n rivierbootrit of riviervlotvaart op die Breederivier. Kyk of jy van die 250 voëlspesies in die omgewing of op Van Loveren se voëlkyk-roete kan gewaar.

Daar is ook allerhande avontuur-doendinge soos bergklim, velddraf of bergfietsry langs prentjiemooi plaasroetes.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Wynkelder
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

5 uit 5van 18 resensies vir Klaasvoogds Cottages
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Geduldplaas 251, Klaasvoogds Cottages, Klaasvoogds-Oos, Robertson, 6705, Wes-Kaap
  • Gaste dink Klaasvoogds Cottages het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 450
Vanaf R1 015
per nag (vir 2 persone)
was R1 450
Vanaf R1 015
per nag (vir 2 persone)
was R1 450
Vanaf R1 015
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Geduldplaas 251, Klaasvoogds Cottages, Klaasvoogds-Oos, Robertson, 6705, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 10
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAATyxyfK6n0g4bE8fjMMN7qEJSDFwzMUHvQr56OryyOQ9TVEAf3E?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 450, nou Vanaf R1 015  per nag (vir 2 persone) 18 5 1 5 Geduld Farm 251 Klaasvoogds Cottages, Klaasvoogds East 6705 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 11:00 -33.800893728035 19.999171653514
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za