Great Karoo Akkommodasie by Klein Riviertjie | LekkeSlaap
+18

Klein Riviertjie

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rietfontein Plaas, 80 km vanaf Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 300 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Klein Riviertjie is 'n bekoorlike en ongekunstelde selfsorgkothuis vir diegene wat op soek is na 'n romantiese wegbreek of 'n onvergeetlike gesinsvakansie en die ware skoonheid van die Karoo waardeer, met ongerepte landskappe, asemrowende sonsondergange en magiese sterrehemel. Kom stap douvoordag op die plaas en durf die plaaspaaie met 'n bergfiets aan.

Gaste sal hulself in die hartjie van die Karoo bevind, ongeveer 'n uur se ry noord van Beaufort-Wes. Klim op die skilderagtige grondpad en kom verken die skoonheid van die Karoo.

Die kothuis het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 'n badkamer, kombuis, en 'n eet- en leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n kaggel, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens, en die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, gasyskas, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die eetarea het 'n tafel met sitplek vir 4 gaste.

Buite is daar 'n beskutte stoep met 'n buite-etenstafel, sitplek, hangmatstoele en 'n klein plonspoel. Daar is ook heerlike braaigeriewe en 'n ekstra buitestort.

Slaapplek

’n Bespreking by Klein Riviertjie sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Voëlkyk
  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Ligging

  • Rietfontein Plaas, 80 km vanaf Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Great Karoo Wes-Kaap
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 4)
Vanaf R1 300
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Rietfontein Plaas, 80 km vanaf Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8ekmQDi5ViRI5PIF2jVCHSoPzbQAGZeKbKk9NIe6B3sE4Zt8ni?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 300  per nag (plek vir 4) Rietfontein Farm 80 km from Beaufort West 6970 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -31.92196414803 22.123835215112
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za