Kleine Heimat

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kleine Heimat is die perfekte oornagplek in die hartjie van Graaff-Reinet. Dit is sentraal geleë en stapafstand van die museums, die groot kerk, winkels, restaurante, antieke winkels en ander interessanthede af.

Kleine Heimat Eenheid 1 is 'n privaat kothuis met 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens in die ruim leefarea. Die snoesige wit linne en handdoeke sal jou sommer dadelik laat tuis voel! Die kombuis is ten volle toegerus vir ligte selfsorg. Daar is 'n tweeplaatstofie, mikrogolfoond asook 'n yskas met 'n vrieshokkie tot jou beskikking. Die badkamer het 'n bad met 'n stort bo-oor vir jou gerief. Jy kan heerlik op die stoep ontspan en uitkyk op oor die berge en natuurskoon. Gaste het ook toegang tot 'n privaat, toesluitmotorhuis. Daar is lugversorging in die slaapkamer.

Kleine Heimat Eenheid 2 is langs die eerste eenheid. Dit is ingerig met 'n dubbelbed en 'n enkelbed in die een slaapkamer en 'n stapelbed in die leefarea. 'n Kombuisie is beskikbaar vir selfsorg. Die badkamer het 'n dubbelstort. Parkeerplek van die straat af is beskikbaar voor die huis. Daar is lugversorging.

Graaff Reinet is omring deur die Camdeboo Nasionale Park. Besoek gerus die Vallei van Verlatenheid, sowat 8 km buite die dorp op pad na Murraysburg.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kleine Heimat gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za