Kleine Vrede Farm Cottage
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hemel-en-Aarde-vallei, R320, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 300 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Kleine Vrede Farm Cottage is op 'n plaas langs die R320 in die pragtige Hemel-en-Aarde-vallei. Dié kothuis is 4,5 km van die R43 in die rigting van Sandbaai af en word omring deur wynplase soos La Vierge, Bouchard Finlayson en Hamilton Russell.
Die kothuis het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 'n badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Daar is 'n solderkamer vir kinders op versoek beskikbaar.
Die kombuis is met 'n gasstoof, yskas, mikrogolf, eetgerei, breekware en 'n Dove-stoof toegerus. In die eetarea is daar sitplek vir 5 en daar is gemaklike sitplek in die sitarea.
Die kothuis het 'n terras met stoepmeubels en braaigeriewe. 'n Braairooster word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie hout saambring. Parkeerplek is beskikbaar en bergfietse kan veilig in die huis gestoor word. Daar is 'n speelarea vir kinders en gaste kan op die plaas bergfietsry en voetslaan.
Die plaas het 'n restaurant en 'n padstal op die perseel waar gaste ontbyt kan eet.
Slaapplek
’n Bespreking by Kleine Vrede Farm Cottage sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Wynkelder
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Elektriese kombers
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Opsomming van Resensie
Ligging
- Hemel-en-Aarde-vallei, R320, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Gaste dink Kleine Vrede Farm Cottage het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Hemel-en-Aarde Vallei Overberg Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hemel-en-Aarde-vallei, R320, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom