Springbok Akkommodasie by Kleinplasie Guesthouse | LekkeSlaap
+68
+68

Kleinplasie Guesthouse

Gastehuis
  • Vanaf R1 360 per nag (plek vir 2)
  • Kapasiteit: 50 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Koeboegasstraat 1, Springbok, 8240, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Kleinplasie is ideaal vir gaste wat op soek is na goeie gehalte, stylvolle, gerieflike en rustige akkommodasie met die ware Namakwaland-gasvryheid waarvoor die streek so bekend is.

Kleinplasie is die ideale oorslaapplek op pad na Namakwaland en Namibië met 11 luukse en pragtig gemeubileerde chalets/kamers en weelderige tuine wat deur talle suikerbekkies, Janfrederike, vinke, duiwe en vele ander soorte voëls besoek word. Dit is gerieflik geleë vir reisigers van Kaapstad, Johannesburg en Windhoek. Dit is ook naby die dorp, 'n winkelsentrum, restaurante en toeristebesienswaardighede geleë.

Al ons pragtige chalets/kamers het private ingange, ingeboude braaigeriewe op die private stoep, DStv, lugversorging, silwerskoon, wit perkallinne, gastegeriewe, japonne, koffie- en teemaakgeriewe, gratis WiFi en dit word elke oggend skoongemaak terwyl jy uitgaan om ons lieflike landskap te verken.

'n Heerlike, opsionele warm of koue buffet-ontbyt met 'n gekookte opsie word elke oggend in ons eetkamer bedien: nét die regte begin vir jou dag! 'n Ten volle toegeruste kombuis is vir gaste beskikbaar wat vir hulself wil kook.

Kleinplasie beskik oor 'n kragopwekker vir moontlike kragonderbrekings. Dus sal alle chalets te alle tye elektrisiteit hê.

Om die privaatheid en gerief van ons gaste te verseker word geen dagbesoekers toegelaat nie.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 71 resensies vir Kleinplasie Guesthouse
Netheid
4.8/5
Diens
4.6/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Koeboegasstraat 1, Springbok, 8240, Noord-Kaap
  • Gaste dink Kleinplasie Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 360
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 360
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 360
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 50 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Koeboegasstraat 1, Springbok, 8240, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJccdoq5uJ2bgvVAiWRsdu96rWSC8WGRPwXIZOe4oWbBw4hTAcJ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 360  per nag (plek vir 2) 71 5 1 5 1 Koeboegas Street Springbok 8240 Noord-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -29.662110414389 17.898885011673
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za