Klip-Els Guest Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Klip-Els Guest Lodge is in Northriding, 'n stil voorstad van Randburg in Johannesburg geleë. Rustigheid heers op dié eiendom van 3 hektaar waar vriende, paartjies en gesinne kan ontspan terwyl hulle naby verskeie doendinge en besienswaardighede is.

Die lodge kyk uit oor 'n mooi tuin en drie tipes kamers is beskikbaar: dubbelkamers, hout-chalets en Die Suite. Dubbelkamers is ruim en het of dubbelbeddens of twee enkelbeddens met hulle eie badkamers. Die Suite is ideaal vir 'n gesin van 4 en bestaan uit 'n koningingrootte-bed onder en twee enkelbeddens bo in die solder. Die suite het ook 'n en suite-badkamer met 'n aparte stort en 'n antiekbad. Drie chalets is rondom 'n rotspoel geleë en bied dubbel- of driekwartbeddens met toegevoegde luukshede soos 'n yskassie, privaat dek, en suite-badkamers en onderdak-parkeerplek.

Tussen die bome is 'n groot kliprondawel waar ontbyt, middagete of al fresco-etes van jou keuse bedien kan word. Klip-Els Guest Lodge bied ook 'n konferensiekamer vir klein besprekingsgroepe en kan tot 10 mense vir dié doel akkommodeer. Die lapa het braaigeriewe vir eksklusiewe gebruik deur die gaste en sekuriteit is 'n prioriteit. Elektriese omheining, alarms en sekurteitsdienste is in plek, maar dit beïnvloed nie jou egte Bosveld-ervaring nie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Klip-Els Guest Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false