Klip Khaya

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Klip Khaya is in die rustige noordelike woonbuurt Linden in Johannesburg. Die eiendom is binne 'n 5 km radius vanaf die Barnyard Theatre Cresta, Randpark Gholfklub en die Brightwater Commons.

Dié ateljee-woonstel is op die eienaar se woonerf en het sy eie ingang aan die agterkant van die huis. Die woonstel beskik oor 'n kombuis, slaaparea en 'n en suite-badkamer.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, gasstoof, oond, wasmasjien en tee- en koffiemaakgeriewe. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is 'n platskerm-TV teen die muur met sekere DStv-kanale.

Daar is veilige parkeerplek sowel as gratis WiFi. Gaste het toegang tot die voortuin met 'n koidam en die agtertuin om wasgoed op te hang. Daar is 5 honde en 1 kat wat op die perseel woon.

Slaapplek

'n Bespreking by Klip Khaya sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis

Konferensiegeriewe

  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Klip Khaya gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R300 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false