Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Klipfontein Farm Guesthouse

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R706 Plaas Klipfontein, Austin's Post, Edenburg, 9908, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 650 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Klipfontein Farm Guest House is in die middel van die Vrystaat, net 58 km vanaf Bloemfontein. in die Edenburg-distrik. Dié gastehuis was op sy dag 'n laerskool en spog met pragtige sandsteenmure.

Die huis het slaapplek vir 8 gaste met badkamergeriewe, 'n ruim kombuis, groot stoep en braai-area. Gaste moet asb. hul eie hout saambring.

Die skoolhoof se kantoor is omskep in 'n privaat slaapkamer met 'n dubbelbed. Die leefarea het 'n privaat tent op die verhoog waarin daar 2 enkelbeddens is. Die groot gazebo, wat met sterk seilmateriaal oorgetrek is, het nog 'n dubbelbed. Daar is ook slaapbanke in die sitkamer vir 2 addisionele gaste. Die hoofbadkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Die ander badkamer het 'n stort en 'n toilet.

Die kombuis is toegerus met 'n tweeplaatgasstoof, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n eettafel met sitplek vir 8 gaste. Gratis WiFi is beskikbaar.

Buite is 'n ruim stoep met onderdakbraaigeriewe, tafels en stoele. Die uitsig is oneindig en gaste kan hier kom rus en die Vrystaat se gasvryheid en ruimte geniet.

Die gastehuis maak gebruik van sonkrag en het 'n gasgeiser.

Gaste kan ook stap of ry na die lang, lae platbrug wat so 3 km ver is. Geniet die natuuraktiwiteite: Swem in die poele, stap op die klipbanke, krappe vang en hou jul eie piekniek by die rivier.

Gaste kan hul eie bergfietse, vierwielmotorfietse en motorfietse saambring om die grondpadroetes in die plaasomgewing te verken.

Daar is verdere aktwiteite wat deur die veblyf gebied word wat nie gelys word nie. Gaste kan navraag doen tydens bespreking.

Slaapplek

’n Bespreking by Klipfontein Farm Guesthouse sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 3 resensies vir Klipfontein Farm Guesthouse
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Madelle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 3

Jaar gelys 2

Ligging

  • R706 Plaas Klipfontein, Austin's Post, Edenburg, 9908, Vrystaat
  • Gaste dink Klipfontein Farm Guesthouse het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Vrystaat
Vanaf
Vanaf R1 650
per nag, vir 8 mense
Vanaf
Vanaf R1 650
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R706 Plaas Klipfontein, Austin's Post, Edenburg, 9908, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc1698ac1fa68e554b3ed6af71a16692b092e73efc99dfc0d3e53e4d56bb75f4d4fb534ebe7e30d4d07085b5c63acd56732d1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 650 per nag, vir 8 mense 3 5 1 5 R706 Plaas Klipfontein Austin's Post 9908 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.506344004464 25.789761791673
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem