Kloofendal Guesthouse
Opsomming van Resensie
Ernest A - Sep 2020
Gemiddeld
Gasheer en gasvrou baie vriendelik en altyd bereid om te help.
Lood R - Feb 2020
Gemiddeld
Skoon vriendelik baie lekker ontbyt.
Mandy D - Sep 2019
Gemiddeld
Value for money.
Lanie V - Sep 2019
Gemiddeld
Fantasties!
Kloofendal Guesthouse's terugvoer
Hi Lanie,
Baie dankie vir die positiewe terugvoering.
Ons is baie bly dat julle dit geniet het hier by ons.
Hoop ons sien julle sommer gou weer!
Groete,
Annelie
Elizmari V - Sep 2019
Gemiddeld
Het baie gemaklik en tuis gevoel.
Kloofendal Guesthouse's terugvoer
Hallo Elizmari,
Ons is so bly dat julle dit geniet het, al was julle meesal bedags nie by die gastehuis nie.
Dit alles motiveer ons net om nog n beter diens aan ons gaste te bied!. Kom kuier maar weer hier by ons!
Groete,
Annelie
Victor V - Aug 2019
Gemiddeld
Was baie lekker.
Kloofendal Guesthouse's terugvoer
Beste Victor,
Baie dankie vir die positiewe terugvoering. Dit was 'n voorreg om julle hier in ons gastehuis te kon akkommodeer.
Hoop ons sien julle weer!
Groete,
Annelie
Elsabe V - Aug 2019
Gemiddeld
Vriendelik, behulpsaam en netjies.
Kloofendal Guesthouse's terugvoer
Beste Elsabe,
Dankie vir die terugvoering wat ons van julle ontvang het, dit word opreg waardeer.
Hopelik sien ons julle weer in die toekoms!
Groete,
Annelie
Louise M - Jun 2019
Gemiddeld
Baie gerieflik.
Kloofendal Guesthouse's terugvoer
Hi Louise,
Baie dankie vir die positiewe terugvoering, ons hoop ons sien julle binnekort weer!
Vriendelikke groete,
Johan en Annelie
Esme W - Apr 2019
Gemiddeld
Dit was "home away from home".
Jenny D - Apr 2019
Gemiddeld
Baie netjies en skoon kamer, heerlike ontbyt; baie vriendelik ontvang.
Sonja H - Apr 2019
Gemiddeld
Heerlike nagrus gehad in 'n skoon, gemaklike kamer met puik, vriendelike diens en 'n smaaklike ontbyt.
Christine M - Feb 2019
Gemiddeld
Vriendelike diens, kamer pragtig ingerig en ontbreek niks nie.
Mavis B - Des 2018
Gemiddeld
Skoon, netjiese, ruim kamer met pragtige uitsig oor die tuin.
Larelle H - Des 2018
Gemiddeld
Pragtige kamers, baie vriendelike mense.
Madeleine G - Nov 2018
Gemiddeld
Puik diens!
Kloofendal Guesthouse's terugvoer
Hi Madeleine,
Ons is so bly dat julle die tyd hier by ons geniet het. Hoop ons sien julle weer met julle volgende wegbreek.
Vriendelike Groete,
Johan & Annelie
Bertus V - Nov 2018
Gemiddeld
Baie lekker gewees.
Nonkululeko M - Okt 2018
Gemiddeld
Nice and intimate.
Kloofendal Guesthouse's terugvoer
Hi Nonkululeko,
It was a previledge to accommodate you here at our Guesthouse.
Hopefully we will see you soon.
Kind Regards,
Johan & Annelie.
Marlene G - Okt 2018
Gemiddeld
Skoon, veilig en vriendelike mense. Ontbyt was lekker.
Kloofendal Guesthouse's terugvoer
Hi Marlene,
Dankie vir julle terugvoering.
Dit was ook vir ons aangenaam om julle hier by ons gastehuis te akkommodeer.
Ons hoop ons sien julle weer.
Vriendelikke Groete,
Johan & Annelie.
Eben B - Jun 2018
Gemiddeld
Aangename mense, pragtige kamer met heerlike ontbyt.
Mariza V - Apr 2018
Gemiddeld
Heerlik. Mense so gasvry. Netjies pragtig. Definitief 'n moet om daar te gaan bly. Sal sterk aanbeveel.
Kloofendal Guesthouse's terugvoer
Liewe Mariza,
Baie dankie vir die mooi terugvoering, ons waardeer dit opreg en is baie bly om te sien dat julle die verblyf hier by ons gastehuis geniet het. Dit was 'n voorreg om julle hier te kon verwelkom.
Ons hoop ons sien julle weer!
Vriendelike groete,
Johan en Annelie
Hilda P - Nov 2017
Gemiddeld
Baie netjies en baie gasvrye ontvangs.
Rensia G - Jun 2017
Gemiddeld
Dit was baie lekker en ons is baie bederf.
Adele J - Mei 2017
Gemiddeld
Puik!
Kloofendal Guesthouse's terugvoer
Hallo Adele,
Dit is vir ons verblydend om te weet dat julle en die kleingoed lekker hier by ons gebly het en dat julle veilig gevoel het!
Baie dankie vir die positiewe terugvoering, hoop ons sien julle weer!
Groete,
Johan & Annelie.
Tina J - Apr 2017
Gemiddeld
Heerlik ontspannend!
Maggi B - Sep 2016
Gemiddeld
Nie heeltemal tevrede nie
Kloofendal Guesthouse's terugvoer
Maggi,
Jammer om te hoor dat die kamer vir julle te klein was. Volgens standard is die vloer ruimte voldoende vir die aantal persone.
Soos jy weet het ons voor jy bespreek het dit onder jou aandag gebring dat die kamer wat jy gevra het nie beskikbaar was nie.
Ons het ons Paris en Mauritius kamers aangebied en jy was gelukkig om dit te aanvaar.
Ook het ons uit die goedheid van ons harte vir julle 10:00 reeds toegang tot die kamers gegee ten spyte dat die inklok tyd eers 14:00 uur was. Indien ons dit nie gedoen het nie sou julle sekerlik nie betyds klaar gewees het vir julle funksie nie.
Ook het ons vir julle n das geleen om julle ongerief, tyd en geld te spaar.
Ons verstaan nie hoekom jy nie die sogenaamde probleem met ons bespreek het nie en liewers per internet kla nie. Jy weet ons sou verseker aandag aan dit gegee het soos met al die bogenoemde hulp en bystand wat ons verleen het.
Vriendelike groete,
Johan & Annelie
Hennie B - Mei 2016
Gemiddeld
Ek het oor die algemeen goeie verblyf gehad.
Lees meerKloofendal Guesthouse's terugvoer
Beste Hendrik,
Ons is regtig jammer dat jy sonder kennisgewing net na 11:00 opgedaag het by Kloofendal Gastehuis in Roodepoort, dit het ons onkant gevang aangesien ons inklok tyd eers na 14:00 is en dit ook die rede hoekom die warm water stelsel nie aangeskakel was nie. Iets wat ons sou kon vermy het indien ons geweet het jy gaan vroeër opdaag.
Ons vra ook om verskoning vir die klein verwarmer wat jy gebruik het waarvan die kragprop nie behoorlik in was nie en ook dat jy nie van die groter verwarmer wat beskikbaar gestel was gebruik gemaak het nie.
Ons versoek dat U asb die rekening sal vereffen vir die onbespreekte dame wat U in die kamer besoek het en dit met u gedeel het.
Vriendelike groete,
Johan & Annelie
Daleen G - Mei 2016
Gemiddeld
Ek het tuis gevoel!
Renett B - Mrt 2016
Gemiddeld
Rustige, netjiese en gasvrye gastehuis.
Swanie S - Feb 2016
Gemiddeld
Ons het vroeg Desember vir 'n week in die ruim Paris kamer gekuier.
Kloofendal Guesthouse's terugvoer
Hallo Renette, Baie dankie vir die terugvoering, ons is bly dat julle dit hier by ons geniet het. Ons sien uit daarna om julle weer te sien. Groete, Johan & Annelie
Alta S - Des 2015
Gemiddeld
Baie rustige atmosfeer en baie gasvry.
Kloofendal Guesthouse's terugvoer
Hallo Alta,
Dankie vir die terugvoering, ons is bly dat julle dit hier by ons geniet het .
Hoop julle het n aangename Kerstyd saam met die familie gehad en dat julle veilig sal terugkeer huistoe.
Ons sien uit daarna om julle weer te sien.
Groete,
Johan
Hentie L - Des 2015
Gemiddeld
Lekker rustig.
Kloofendal Guesthouse's terugvoer
Hi Hentie,
Dankie vir die terugvoering ons waardeer dit baie.
Dit was aangenaam om julle hier by Kloofendal Gastehuis te kon huisves.
Ons sien uit na julle volgende besoek.
Ons wens julle n Gessende Kersfees en n voorspoedige 2016 toe.
Groete,
Johan
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Galenastraat 79, Kloofendal, Roodepoort, 1724, Gauteng
- Alle ouderdomme is welkom