Kloofsig Safari Hunting Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kloofsig Safari Hunting Lodge is 28 km buite Modimolle geleë en skuil in die hartjie van Limpopo se Waterberge.

Die lodge bied vryheid, verskeie wildspesies en buitelugdoendinge soos wildritte, voëlkyk, perdry, en die eenvoudige plesier van buite om die vuur kuier.

Die lodge bied selfsorgverblyf in 2 eenhede: die hoofeenheid en die anneks. Dit word omring deur 'n pragtige, groen tuin met meer as 70 voëlspesies en groot bome.

Die hoofeenheid beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Twee van die slaapkamers het dubbelbeddens en 1 slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer het 'n hoekbad en die tweede een het 'n stort.

Die anneks beskik oor 2 slaapkamers met dubbelbeddens en 1 badkamer met 'n stort.

Albei eenhede het hul eie kombuis wat goed toegerus is en daar is 'n groot boma met 'n vuurput en 'n ingeboude braai.

Modimolle was voorheen bekend as Nylstroom. Dit is naby die suiderkant van die Waterbergstreek in Limpopo.

Slaapplek

'n Bespreking by Kloofsig Safari Hunting Lodge sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort
  •  Toiletware

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Spa-behandelinge
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Waaier
  •  Kaggel
  •  Sitkamer

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kloofsig Safari Hunting Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R6 500 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za