Kloofzicht Estate Country Getaway

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kloofzicht Estate Country Getaway is net buite Tulbagh in die Wes-Kaap se skilderagtige Kaapse Wynlande. Dit is die eerste wynplaas wat 'n mens teëkom soos wat jy die vallei van die Nuwekloofpas af benader, die landgoed is sowat 4 km buite Tulbagh.

Ons 3 eenhede is pragtig ingerig en is geskik vir paartjies of groot groepe. Ons dubbelverdiepinghuis genaamd Country House het plek vir 8 tot 10 persone. Die huis het 3 dubbelslaapkamers (2 hoofslaapkamers met en suite-badkamers), 'n ruim oopplan-kombuis, sitkamer en eetarea en 'n gaste-toilet op die onderste vloer. Daar is ook nog 'n sitkamer en 2 hoofslaapkamers met en suite-badkamers op die boonste vloer.Al 3 slaapkamers op die onderste vloer het Franse deure wat oopmaak op verandas en pragtige tuine. Die hoofbadkamer maak oop op 'n beskutte binnehof met 'n buitestort. Die hoofslaapkamer op die boonste slaapkamer het 2 balkonne, elkeen met asemrowende uitsigte oor die dam en die berge. Die White Room lei na 'n veranda wat reg rondom die kamer strek en spot met pragtige uitsigte van die slaapkamer en die badkamer af. Hierdie kamer het ook 'n spriaaltrap wat na die binnehoftuin lei. Die plaaskombuis het 'n groot kaggel, 'n marmerblad met kaste onder, 'n skottelgoedwasser en 'n dubbel-oond. Die kombuis lei na die vermaak-area met sy terras, 'n eetkamertafel met sitplek vir 14 persone en 'n braaiplek en dan na die reuse swembad wat net 'n paar meter van die dam af is (die dam is ideaal vir baarshengel, swem en roei). Hierdie area is ideaal vir klein troues, partytjies en geleenthede.

Die Loft is bokant die wynkelder geleë en het plek vir 6 tot 9 persone. Hierdie eenheid is toegerus met 'n koninggrootte-bed aan die een kant, 'n sitkamer in die middel en 2 enkelbeddens, vir kinders of ekstra volwassenes, aan die ander kant. Daar is 'n skerm langs die koninggrootte-bed vir privaatheid. A Juliet-balkon het 'n mooi uitsig oor die dam en die sonsondergang oor die berge. Van hierdie ruimte af kom 'n mens uit by 'n tweede dubbelslaapkamer en 'n ruim badkamer met 'n stort. Op die onderste vloer is daar 'n oopplan-kombuis, eetkamer en sitkamer met 'n dagbed (vir gaste wat net oornag) en 'n kaggel. Die oopplan-area lei na nog 'n ruim suite met 'n koningingrootte-bed, sitkamer, kombuisie en een-en-'n-halwe badkamers met 'n aparte ingang van die tuin af. Aan die buitekant is daar 'n groot dek wat reg rondom die gebou strek en ideaal is vir skemerkelkies en besoekers wat die sonsondergang wil bewonder. Die eenhede het nie 'n mikrogolfoond, TV of satelliet-kanale nie.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kloofzicht Estate Country Getaway gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 058 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za