LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Knightsbridge 105 | LekkeSlaap
+34

Knightsbridge 105

3 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Woonstel T105 in Towers-blok, Knightsbridge-gebou, Esplanade-weg, Century City, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 804 per nag (vir 8 persone)

Beskrywing

Knightsbridge 105 is 'n ruim selfsorgwoonstel wat in Century City-buurt geleë is, slegs 12 km of 15 minute se ry vanaf Kaapstad, die V&A Waterfront en die Groenpunt Stadion. Dié woonstel is in 'n luukse gebied geleë, reg langs Canal Walk-inkopiesentrum en omring deur ander splinternuwe ontwikkelings.

Hierdie woonstel het slaapplek vir tot 8 gaste en beskik oor 2 slaapkamers - 1 met 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer met 2 enkelbeddens en 'n leefarea met 2 dubbelslaapbanke. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas en 'n mikrogolfoond. Daar is 'n glasbladtafel met sitplek vir 6 gaste en 'n TV met DStv-hotelpakket. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Die sitkamer het skuifdeure wat na 'n balkon lei met pragtige uitsigte oor die stad. Daar is ook 2 onderdak-parkeerplekke.

Die kompleks het 'n groot voorportaal, die nuutste 24 uur-sekuriteit en 24 uur-portierdiens, wasgoeddiens (ekstra koste), geslotekringtelevisie, interkom, hysbakke, 'n luukse 20 m lange verhitte binnenshuise swembad, gimnasium wat oor die swembad uitkyk, sauna, Jacuzzi en stoomkamer (gratis) en gesondheidspa met behandelingskamers.

Let asb. daarop dat Knightsbridge nie 'n ontvangsarea het nie. Jy kan jou sleutels by die volgende adres afhaal: The Centurion Hotel, Frere-weg 1, Seepunt, Kaapstad.

Neem asseblief kennis: Gaste wat na 20:00 op die inklokdatum arriveer moet 'n boete van R300 betaal.

Slaapplek

’n Bespreking by Knightsbridge 105 sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelslaapbank
Area 1
Plek vir 4 persone
2 xDubbelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Skoonheidskliniek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Masseer- en Skoonheidsterapie
  • Selfsorg
  • Rolstoelvriendelik
  • Gimnasium
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Grieks

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 3 resensies vir Knightsbridge 105
Netheid
3.3/5
Diens
4.3/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.7/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Woonstel T105 in Towers-blok, Knightsbridge-gebou, Esplanade-weg, Century City, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Gaste dink Knightsbridge 105 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 804
per nag (vir 8 persone)
Vanaf R1 804
per nag (vir 8 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 16:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Woonstel T105 in Towers-blok, Knightsbridge-gebou, Esplanade-weg, Century City, Kaapstad, 7441, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQwZTNjNDcwLWUyOWItNDQxNS1hNzc5LTE4YTdjOGY4YTc5Yg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 804  per nag (vir 8 persone) 3 5 1 5 Apartment Nr T105 in Towers Block, Knightsbridge Building Esplanade Road, Century City Precinct 7441 Wes-Kaap 086 999 0018 16:00-00:00 10:00 -33.889681713861 18.511886447668
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!