Knock Out

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Knock Out is 'n moderne selfsorghuis in 'n veilige kompleks in die dorpie Dullstroom in Mpumalanga. Dit is perfek vir 'n groep vriende of 'n gesin wat op soek is na gerieflike verblyf naby 'n verskeidenheid doendinge.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers en 2 en suite-badkamers met ondervloerse verhitting regdeur die huis. Die slaapkamers beskik oor 2 enkelbeddens wat ook as 'n dubbelbed opgemaak kan word en die het elk 'n stort of 'n bad met 'n wasbak en 'n toilet. Die kombuis is ten volle toegerus en beskik oor 'n yskas en 'n mikrogolfoond, 'n oond met 'n stoof, oorgenoeg ingeboude kaste vir eetgerei en breekware en ander toebehore.

Die sitkamer het gerieflike leerbanke en 'n kaggel om jou warm en knus te hou op winteraande. Verder is daar 'n TV met sekere DStv-kanale. Die groot houtskuifdeure in die sitkamer bied toegang tot die veranda met stoepmeubels waar jy kan ontspan tussen al die blomme in die tuin.

Daar is 2 toesluitmotorhuise beskikbaar vir voertuie. Binne 'n paar minute se ry kan gaste 'n ingeslote ontbyt by The Rose Cottage Restaurant geniet wat in die hoofstraat geleë is. Verder is daar ook 'n aantal doendinge soos restaurante en kroeë, visvang en voëlkyk en verskeie besienswaardighede in die area.

Slaapplek

'n Bespreking by Knock Out sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep
  •  Toiletware

Kamergeriewe

  •  Ondervloerse verhitting

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Knock Out gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 500 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za