Knysna Backpackers @ Edge Of Africa Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Dié 100 jaar oue Victoriaanse huis skuil teen 'n heuwel in die hartjie van Knysna, net 'n klein entjie se stap en 5 minute vanaf die Waterfront. Dit is ideaal vir besoekers wat hierdie pragtige dorp met al sy besienswaardighede wil verken.

Ons rugsakreisigerskamers is basies, maar gerieflik en spog met hoë plafonne en oorspronklike geelhoutvloere. Ons voorsien vars linne, kamers wat skoongemaak word, moderne badkamers, en gerieflike sitareas. Daar is ook 'n en suite-gesinskamer en 'n privaat dubbelkamer. Die volgende geriewe is beskikbaar: braaigeriewe in die tuin, gratis WiFi, 'n gemeenskaplike sitkamer met 'n TV, komplementêre koffie- en teemaakgeriewe, 'n oggendhappie, boekruiling, en 'n veranda met heelwat inligting en voubiljette oor die doendinge in die omgewing.

Knysna en die omgewing is bekend vir sy wandel- en fietsrypaaie in die bos en langs die see, perdry, strande, kanovaart, roeiski, hengel, snorkel, en voëlkyk. Gaste kan gerus ook die fantastiese restaurante en koffiewinkels op die dorp beproef.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Konferensiegeriewe

  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Knysna Backpackers @ Edge Of Africa Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R460 per nag (plek vir 1)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za