Knysna Wayside Inn

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Knysna Wayside Inn is sentraal geleë, net 'n paar meter van die winkels en restaurante af. Ons bied elegant versierde kamers en gratis parkeerplek. Ons bied ook gratis buffet-ontbyt wat elke oggend vars gemaak word.

Al die eenhede is helder en kleurvol versier. Elke eenheid het 'n privaat badkamer met net 'n stort en 'n TV met sekere satelliet-kanale. Meeste van die kamers het uitsigte oor die plein met die interessante winkels en restaurante waarvoor Knysna bekend is. Van die kamers het deure wat lei na Franse balkonne. Die kamers op die boonste vloer is toegerus met lugversorging en die kamers op die onderste vloer het plafonwaaiers.

Die Penzula Kampioenskapgholfbaan en die Jack Nicklaus Gholfbaan is net sowat 4 km van Knysna Wayside Inn af. Ons gevestigde kontakte maak dit vir ons moontlik om afslagtariewe vir ons gaste by hierdie en ander gholfbane in die omgewing te bied.

Die Knysna Quays Waterfront met al sy winkels, restaurante en verskillende bootritte in die strandmeer is net net 15 minute se stap van ons af. Knysna se bekendste landmerk, die Knysna Koppe, is sowat 8 minute se ry van ons af, en die Blouvlagstrande by Brenton-on-Sea en Buffelsbaai is minder as 20 minute van ons af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Malaria-vrye streek
  •  Nagportier
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Knysna Wayside Inn gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R840 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za