Murdock Valley Akkommodasie by Koester die Kuns en Oseaan | LekkeSlaap
+28

Koester die Kuns en Oseaan

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 15% af

Kry 15% af vir verblyf wat 20 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Disa-weg 31, Simonstad, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 000 R2 550 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Koester die Kuns en Oseaan is teen die voet van die berg in die Murdock-vallei. Dis 'n kunstige vakansiehuis met slaapplek vir 6 gaste.

Dié moderne huis bied 'n uitsig oor Valsbaai en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n kinderbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die ander badkamer het 'n stort. Daar is 'n gastebadkamer met 'n toilet in die leefarea. Beddegoed en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n etenstafel toegerus.

Die ruim leefarea lei na 'n stoep en 'n omheinde binnehof. Die huis is op die eerste verdieping, maar word via trappe vanaf die motorhuis en die pad bereik. Partytjies word nie toegelaat nie. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Koester die Kuns en Oseaan is 850 m vanaf Franksstrand en 2 km vanaf Windmill-strand en Bouldersstrand. Simonstad bied verskeie doendinge, soos stap, voetslaan, swem, snorkel, staanroei en walviskyk in seisoen. Besienswaardighede in die omgewing sluit Bouldersstrand se pikkewynkolonie, die Erfenismuseum, die Speelgoedmuseum, die Suid-Afrikaanse Vlootmuseum en meer in.

Slaapplek

’n Bespreking by Koester die Kuns en Oseaan sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed Kinderbedjie
Slaapkamer 2
Plek vir 3 persone
1 xDubbelbed
1 xKinderbedjie
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Kantoorgeriewe
  • Internet

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Disa-weg 31, Simonstad, 7975, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R3 000
Vanaf R2 550
per nag (plek vir 6)
was R3 000
Vanaf R2 550
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Disa-weg 31, Simonstad, 7975, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAArMG5SNr4wpKzL9URfIvqrnTO33js0BCp73HNjFbkDXfw2FvP6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R3 000, nou Vanaf R2 550  per nag (plek vir 6) 31 Disa Road Simonstad 7975 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-18:00 10:00 -34.209754977357 18.459312145369
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za