Struisbaai Akkommodasie by Koinonia | LekkeSlaap
+101

Koinonia

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Regards Place, Lanagezandt Fishermans Estate, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R8 000 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Koinonia is 'n bekoorlike selfsorghuis in Langezandt Fisherman's Estate, 'n bekende landgoed in die kusdorpie Struisbaai.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers en daar is 'n kothuis met 1 slaapkamer.

Die eerste en tweede slaapkamers is in die hoofhuis en het 'n koninggrootte-bed en 'n koningingrootte-bed en en suite-badkamers met storte. Die derde slaapkamer is in die solder en het 2 driekwartbeddens en 'n slaapbank. En die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, kisvrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, en 'n koffiemasjien.

Die hoofhuis het ook 'n skottelgoedwaaser, TV met DStv en buitebraaigeriewe. Daar is 'n kaggel binne. Gaste mag nie in die kaggel braai nie. Gaste het toegang tot 'n swembad en parkeerplek vir 6 voertuie.

Die kothuis het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die eenheid het 'n TV met DStv en 'n kombuisie. Let wel dat toegang tot die kothuis beperk is tot die aantal gaste.

Doendinge in die omgewing sluit swem, voetslaan, kajakvaart, visvang, branderplankry en vlieërbranderry in. Besienswaardighede in die omgewing sluit De Mond Natuurreservaat, Agulhas Nasionale Park, Kaap Agulhas Wynroete, en Waenhuiskransgrot in.

Slaapplek

’n Bespreking by Koinonia sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Koninggrootte-bed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelslaapbank
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
2 xEnkelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Vlaams
  • Frans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Regards Place, Lanagezandt Fishermans Estate, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R8 000
per nag (plek vir 10)
Vanaf R8 000
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Regards Place, Lanagezandt Fishermans Estate, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGFmMmE2MGIzLTUyOTYtNGYzMy1iYmU5LTBiNGI3OWIwZGIxNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R8 000  per nag (plek vir 10) Regards Place Lanagezandt Fishermans Estate 7285 Wes-Kaap 086 999 0018 13:00-19:00 10:00 -34.791372222222 20.041997222222
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za