Pringlebaai Akkommodasie by Koinonia | LekkeSlaap
+28

Koinonia

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hilda-sirkel 1701, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 600 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Koinonia is 'n selfsorg-vakansiehuis in Pringlebaai, 'n skilderagtige kusdorpie tussen Bettysbaai en Gordonsbaai in die Wes-Kaap se Overbergstreek. Pringlebaai skuil aan die voet van Hangklipberg en vorm deel van die Kogelberg Biosfeer. Dié omgewing spog met ongerepte strande en 'n ryk verskeidenheid fauna en flora.

Die dubbelverdiepinghuis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. 2 van die slaapkamers is op die onderste verdieping. Die eerste kamer het 'n dubbelbed en die tweede kamer het 2 enkelbeddens. Dié kamers deel 'n badkamer met 'n stort. Die ander 2 slaapkamers is bo, met 'n dubbelbed in die een en 2 enkelbeddens in die ander. Dié 2 kamers deel 'n badkamer wat 'n stort en bad het.

Die kombuis het 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Die eetarea het sitplek vir 16 gaste en die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel. Op die boonste verdieping is 'n gesellige leefarea wat afkyk na die sitkamer. Dié leefarea lei na 'n dek met 'n ongelooflike uitsig oor Pringlebaai en die see.

Slaapplek

’n Bespreking by Koinonia sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Hilda-sirkel 1701, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 600
per nag (plek vir 8)
Vanaf R2 600
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hilda-sirkel 1701, Pringlebaai, 7196, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDA4ZWU4MjdmLTFjNzQtNGUxMy1hMmU2LWZiY2Y0MDdiN2Y5MQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 600  per nag (plek vir 8) 1701 Hilda Circle Pringle Bay 7196 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 11:00 -34.347837 18.8368879
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za