Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Kol-In Selfsorg Eenheid

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Arbeckstraat 67, Prieska, 8940, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R600 per nag (plek vir 1)

Beskrywing

Kol-In Selfsorg Eenheid bied verblyf in die stil dorpie, Prieska in die Noord-Kaap se Bo-Karoo. Die dorpie lê tussen die Doornberge en die Oranjerivier.

Kol-In Selfsorg Eenheid Nr 1 is 'n ateljeewoonstel met slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 'n slaaparea, badkamer en 'n kombuis. Die woonstel is ideaal vir 2 volwassenes en 2 kinders. Die slaaparea het 'n koninggrootte-bed, kasruimte en 2 driekwartbeddens. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet.

Kol-In Selfsorg Eenheid Nr 2 is 'n ateljeewoonstel met slaapplek vir 3 gaste en beskik oor 'n slaaparea, badkamer en 'n kombuis. Die slaaparea het 'n dubbelbed, 'n driekwartbed en kasruimte. Daar is 'n stort, wasbak en 'n toilet in die badkamer.

Albei eenhede het kombuisies wat elkeen met 'n oondjie, tweeplaatstoof, broodrooster, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus is.

Kol-In Selfsorg Eenheid Nr 3 bied slaapplek aan 1 gas en het 'n driekwartbed. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuisie is met 'n yskas, mikrogolfoond, dubbelstoof, broodrooster, ketel, wasbak en eetgerei toegerus.

Al 3 eenhede maak van sonkrag gebruik tydens beurtkrag en voorsien krag aan die ligte, TV en 'n plafonwaaier.

Elke eenheid het lugversorging. Gaste kan van die privaat braaigeriewe en swembad gebruik maak. Veilige parkeerplek is agter 'n elektriese hek beskikbaar. Gratis WiFi word voorsien.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 31 resensies vir Kol-In Selfsorg Eenheid
Netheid
4.8/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Arbeckstraat 67, Prieska, 8940, Noord-Kaap
  • Gaste dink Kol-In Selfsorg Eenheid het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Prieska Karoo Noord-Kaap
Vanaf
Vanaf R600
per nag (plek vir 1)
Vanaf
Vanaf R600
per nag (plek vir 1)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Arbeckstraat 67, Prieska, 8940, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAHMczND7EwK8Tokt6waoNBV28B85v9oP25tlktQA4ftz0mmgqCz?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag (plek vir 1) 31 5 1 5 67 Arbeck Street Prieska 8940 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -29.6727 22.74215