Koppisol

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Koppisol is 'n rustige vakansie-oord, sowat 46,9 km van Johannesburg af. Dié oord is 'n wegbreekplek vir stadsjapies en bied 'n verskeidenheid doendinge vir die hele gesin in 'n veilige, omheinde eiendom met 24 uur-toegangsbeheer.

Verblyf word aangebied in publieke karavaanparke, selfsorgchalets, 'n woonwa, en 'n privaat karavaanpark. Elke chalet is toegerus met kooktoebehore en eetgerei, 'n elektriese tweeplaatstoof met 'n oondjie, mikrogolf, elektriese braaipan, ketel en broodrooster. Linne en badhanddoeke word voorsien. Elke chalet het 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer beskik oor 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n stapelbed. Daar is 2 dagbedddens in die leefkamer, geskik vir 'n kinders onder 12 jaar. Die badkamer het 'n bad, stort en toilet en elke chalet is ingerig met sekere DStv-kanale, asook tuinmeubels in die braai-area. 'n Motorafdak is beskikbaar vir 1 voertuig. Gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring. Elektriese komberse word voorsien vanaf Junie tot Augustus, asook verwarmers.

Die publieke karavaanpark is onder lieflike, groot bome geleë. Daar is geplaveide paaie, gemeenskaplike ablusiegeriewe met warm water, en gemeenskaplike outomatiese wasmasjiene en tuimeldroërs. Die staanplekke het kragpunte, krane en braaiplekke. Die privaat karavaanstaanplekke is slegs vir karavane. Dit het 'n patio met beskutte braaigeriewe en 'n kombuis met 'n dubbelwasbak en yskas. Daar is 'n badkamer met 'n bad en stort, asook 'n aparte toilet.

Oordgeriewe sluit 'n swembad wat oor naweke en skoolvakansies verhit word, 'n koue swembad, 'n waterwurm en trampoliens in. Die waterwurm is oop oor naweke en skoolvakansies tussen 11:00 en 12:00 en tussen 14:00 en 15:00 (afhangende van die weer). Gaste kan tafeltennis, vlugbal en buitemuurse skaak speel. Daar is 'n speelpark vir kinders en 'n swembad vir babas. Mini-gholf, buitemuurse snoeker en 'n swembad is teen 'n ekstra koste beskikbaar. Vermaak word tydens seisoentyd verskaf.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Koppisol gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R390 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]