Modimolle Akkommodasie by Koro Creek Eenheid 14 | LekkeSlaap
+16

Koro Creek Eenheid 14

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat 147, Koro Creek Bosveld Gholflandgoed 14, Modimolle, 0510, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 200 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Koro Creek Eenheid 14 is op die Koro Creek Bosveld Gholflandgoed en bied slaapplek aan 6 gaste. (4 volwassenes en 2 kinders) Dis die ideale verblyf vir 'n naweekwegbreek of om op pad na Botswana te oornag.

Dié eenheid beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers met 'n stort of 'n bad. Elke slaapkamer het 2 enkelbeddens en daar is 2 slaapbanke in die sitarea. Beddegoed word voorsien.

Die oopplan-kombuis het 'n gasstoof, oond, mikrogolf, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n toonbank.

Die sitarea het 'n TV met DStv en lei na die stoep met 'n ingeboude braai-area. Semi-beskutte parkeerplek vir 1 voertuig is beskikbaar. Let asb. daarop dat die elektrisiteit op 'n omgewingsvriendelike manier verskaf word.

Die Koro Creek Bosveld Gholflandgoed bied doendinge soos gholf, tennis, staproetes en perdry, en geriewe soos 'n spa, restaurant en 'n kroeg.

Ander besienswaardighede sluit die Thaba Kwena Krokodilplaas, Waterberg Zipline Avonture en Eventiera Wildlife Park in. ATKV Klein Kariba is net 30 minute se ry van Nylstroom af.

Slaapplek

’n Bespreking by Koro Creek Eenheid 14 sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelslaapbank
Area 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelslaapbank

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Spa-behandelinge
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Kerkstraat 147, Koro Creek Bosveld Gholflandgoed 14, Modimolle, 0510, Limpopo
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat 147, Koro Creek Bosveld Gholflandgoed 14, Modimolle, 0510, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAS9yIWEiAlG46amXfIjgKGnoAvkqLCsLc2w69nb4mEvPefh0Dns?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 200  per nag (plek vir 6) 147 Kerk Street Koro Creek Bushveld Golf Estate 14 0510 Limpopo 086 999 0018 14:00-16:00 10:00 -24.696944928562 28.385501315089
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za