Kosmos Gaste Akkommodasie

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kosmos Gaste Akkommodasie is in die dorpie Kosmos, aan die oewer van die Hartbeespoortdam geleë. Die kamer het 'n uitsig op die dam se oewer en gaste kan die rustigheid en natuur met 'n skemerkelkie in die hand geniet.

Dié eenheid is op die eienaar se perseel, maar het 'n privaat ingang. Die eenheid het 'n kombuisie, slaaparea en 'n en suite-badkamer. Die kombuisie het 'n yskas, mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus, asook eetgerei. Die eenheid het sy eie buitebraai en daar is 'n swembad.

Die slaaparea het 'n koninggrootte-bed en 'n bank. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is ook 'n platskerm-TV met DStv-kanale teen die muur. Die eenheid lei na 'n stoep met 'n ongelooflike uitsig oor die Hartbeespoortdam.

Die verblyf is direk verbind aan die oewer, gaste kan deur 'n hekkie tot op die jetty stap. Daar is 'n wandelroete wat voor die verblyf verbyloop

Slaapplek

'n Bespreking by Kosmos Gaste Akkommodasie sluit in:

1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kosmos Gaste Akkommodasie gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za