Keurboomstrand Akkommodasie by Kozi@Keurbooms | LekkeSlaap
+38

Kozi@Keurbooms

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 08:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Op die hoek van Hoof- en Hofstraat., Keurboomstrand, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R550 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Word wakker in die rustige skoonheid van die natuur tussen die berge en die see met voëlgesang en die geruis van branders in jou ore. Kozi@Keurbooms is 'n selfsorg- vakansiewoonstel vir 2 gaste loopafstand vanaf 2 swemstrande met lewensredders en Blouvlagstatus.

Die woonstel het ’n privaat ingang na ’n knus, skoon woonstel, met 'n sit- en eetkamer. Daar is 'n klein kombuisie met ‘n tweeplaatstoof, oondjie en mikrogolf, 'n spenskas vir kruiderniersware en eetgerei en breekware.

Daar is 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed, wat in 2 enkelbeddens omskep kan word, met ruim hangkaste. Die badkamer het 'n groot stort en handdoeke, toiletware en seep word voorsien. Bring asb. eie strandhanddoeke.

Daar is buite-sitplek in die tuin onder 'n sambreel. Geniet jou ontbyt buite in vars seelug. Braaigeriewe is ook beskikbaar buite in die tuin onder bome. Daar is privaat parkeerplek op die perseel, onder die bome langs die woonstel. Daar is 'n beperkte DStv-kanale.

Ons is loopafstand vanaf Enrico’s Restaurant, bekend vir egte Italiaanse pizzas, ander geregte en unieke boma. Ontspan met die pragtigste uitsig oor rotsformasies en die branders wat breek. Dit is ook die baai waar walvisse kom kalf en dolfyne baljaar.

Keurboomstrand is bekend vir sy kerkdienste op Sondae gedurende Desembervakansies onder ‘n dak van Melkhoutbome - beleef ook ‘n spesiale Kersdiens in die natuur met die geruis van branders in die agtergrond.

Die woonstel is slegs 12 minute se ry vanaf Plettenbergbaai met verskeie doendinge en winkels. Robberg is 20 km weg – ‘n paradys vir natuurliefhebbers, met wandelpaadjies en staproetes in die berg.

Doendinge naby sluit Monkeyland, Birds of Eden, die sybokhaarfabriek met sy eie winkel, slangpark en vele meer in. Verder aan is daar Stormsrivier waar avonturiers een van die hoogste rekspronge ter wêreld kan aandurf.

Slaapplek

’n Bespreking by Kozi@Keurbooms sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek

Geriewe

  • Braaiplek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 34 resensies vir Kozi@Keurbooms
Netheid
4.8/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Op die hoek van Hoof- en Hofstraat., Keurboomstrand, 6600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Kozi@Keurbooms het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R550
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R550
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Inkloktyd: 08:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Op die hoek van Hoof- en Hofstraat., Keurboomstrand, 6600, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDE2ZDAzY2Q3LWE2YzYtNGU2MS04MWUzLTY2YTc5ZTVlNGRhZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R550  per nag (vir 2 persone) 34 5 1 5 c/o Hoof Street & Hof Street Keurboomstrand 6600 Wes-Kaap 086 999 0018 08:00-19:00 10:00 -34.003083814039 23.455834686756
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za