Kransberg Country Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kransberg Country Lodge is sowat 30 minute buite Thabazimbi in die UNESCO biosfeer-reservaat. Die lodge bied 'n rustige wegbreek op die grens van die Marakele Nasionale Park. Dié reservaat het gewildheid verwerf vir sy majestueuse hoë kranse wat 'n habitat bied aan 'n groot aasvoëlkolonie, 'n bedreigde spesie.

Die lodge is op 'n plato in die Waterberge en is 1500 m bo seespieël. Tydens somermaande is die temperatuur sowat 6 grade koeler as in die vallei daar onder, en die winters is ook meer matig. Verblyf is beskikbaar in 6 en suite-slaapkamers met hul eie stoepe wat uitsigte oor die tuin en kranse bied. 4 van die kamers het dubbelbeddens en die ander 2 het elk 2 enkelbeddens. Die gemeenskaplike sitkamer skep 'n lekker rustige atmosfeer. Gaste kan in die wintermaande rondom die kaggel sit of op die stoep ontspan en die uitsig geniet.

Die lodge is ideaal vir reünies onder familie en vriende, strategiese sessies vir kleiner groepe of bloot as individuele oornagverblyf. Gaste gebruik die lodge gereeld as basis vir daguitstappies om die omgewing te verken. Ons is via 'n grondpad vanaf Thabazimbi, Modimolle en Vaalwater bereikbaar. 'n Voertuig met hoë grondvryhoogte word aanbeveel aangesien die pad nie altyd in 'n goeie toestand is nie. Die lodge is sowat 260 km van Johannesburg af.

MTN-selfoonsein en beperkte WiFi is by die lodge beskikbaar. Slegs selfsorg.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kransberg Country Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za