We are bilingual! Pick your language: Ons is tweetalig! Kies jou voorkeurtaal:
 by Krappie's Place | LekkeSlaap
+20

Krappie's Place

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fowlerstraat 9, Una Duplex, Suidrand, 9500, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R850 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Krappie's Place is 'n gerieflik gemeubileerde dorpshuis vir 4 gaste in Suidrand, Kroonstad.

Die dorpshuis het 'n privaat ingang en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die onderste slaapkamer het lugversorging en 2 enkelbeddens. Die boonste slaapkamer beskik oor 'n dubbelbed. Die onderste badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasmasjien. Die boonste badkamer het 'n stort, bad en 'n toilet.

Die kombuis is met 'n oondjie, stoof, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus, en etes kan by die etenstafel geniet word.

Gaste kan in die leefarea voor die TV ontspan. Daar is 'n Android-boks met DStv, Netflix en Showmax. WiFi en 'n lessenaar is ook beskikbaar.

Daar is 'n privaat braai-area buite op die stoep en parkeerplek vir 'n standaardvoertuig in die motorhuis. Gaste moet vooraf met die eienaars reël vir parkeerplek vir 'n groot voertuig of sleepwa.

Krappie's Place is net 750 m van Panorama Plaza-winkelsentrum af, wat verskeie winkels en kitskosrestaurante bied. Kroonstad is op die oewer van die Valsrivier geleë en bied verskeie aktiwiteite soos visvang, fietsry, voetslaan en 'n verskeidenheid historiese geboue.

Die eienaars woon ook in die kompleks.

Slaapplek

’n Bespreking by Krappie's Place sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Kantoorgeriewe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 5 resensies vir Krappie's Place
Netheid
4.6/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Fowlerstraat 9, Una Duplex, Suidrand, 9500, Vrystaat
  • Gaste dink Krappie's Place het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R850
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R850
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Fowlerstraat 9, Una Duplex, Suidrand, 9500, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAde9193c0445ae5afa2ca4a24e561c55641bc4a552c8a336f0df9d6e3f2d2cfb9b6626cd431bce445ba8f6ee3d967bcde89a3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850  per nag, vir 4 mense 5 5 1 5 9 Fowler Street Una Duplex 9500 Vrystaat 086 999 0018 15:00-21:00 10:00 -27.67985479107 27.232741494512
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!

Stem vir ons in die World Travel Awards!

stem
stem