Krisjan's Lodge @ Oubaai

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Krisjan's Lodge @ Oubaai is in die veilige Oubaai Golflandgoed met sy Ernie Els-ontwerpte gholfbaan. Die klubhuis met restaurant is 200 m van die lodge en Oubaai Village spog met restaurante, 'n oefenbof, tennisbaan, gimnasium, spa en die 5-ster Oubaai Hotel. Daar is vele ander top-gholfbane binne 'n 50 km-radius hiervandaan in die Mosselbaai-, George- en Knysna-omgewing. George, met die Garden Route Mall, winkels, restaurante en ander vakansiegeriewe is net 15 minute se ry vanaf Oubaai.

Verder het Wildernis, Knysna en Plettenbergbaai bekende besienswaardighede, alles binne 'n uur se ry hiervandaan.

Krisjan's Lodge @ Oubaai is 'n luukse selfsorg-lodge met 4 slaapkamers, elkeen met 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer. Die kombuis en waskamer is volledig toegerus vir selfsorg en die sitkamer het 'n TV met volledige die DStv Premium-pakket, 'n kringklank-musiekstelsel en 'n gaskaggel vir koue aande.

Daar is 'n swembad en 'n onderdak-patio met braaigeriewe. Die stoep en slaapkamers bied 'n lieflike uitsig oor die gholfbaan en berge.

Gaste kan gaan branderplankry by Victoriabaai, hengel by Oubaai, diepseevisvang of die dag op Heroldsbaai se pragtige strand deurbring. Die kusfynbos by Oubaai is iets besonders en gaste kan lekker kom voetslaan om die verskeidenheid wild-, voël- en plantspesies te aanskou. Dolfyne en walvisse kom besoek ook gereeld dié deel van die Indiese Oseaan.

Slaapplek

'n Bespreking by Krisjan's Lodge @ Oubaai sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gimnasium
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Krisjan's Lodge @ Oubaai gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 300 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za