Krom Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Krom Cottage is in die historiese gebied van Montagu in die Breederivier-vallei geleë.

Dié smaakvolle en private selfsorgkothuis is apart van die hoofhuis en bied verblyf aan 2 gaste. Die eenheid beskik oor 'n slaapkamer met 'n koningingrootte bed, 'n en suite-badkamer met stort, wasbak en toilet. Daar is 2 gemaklike leunstoele en 'n platskerm-TV met Netflix en WiFi. 'n Haardroër en 'n verwarmer is beskikbaar.

Die kombuis is ten volle toegerus met 'n yskassie, tweeplaatstoof, mikrogolf, eetgerei en breekware. Gratis tee, koffie, beskuit, muesli, joghurt, sap en vrugte word voorsien vir 'n selfhelp ontbyt. Die eetarea het sitplek vir 2.

Verskeie restaurante, die Saterdagoggend-mark en 'n aantal winkels, kunsgalerye en museums is alles binne stapafstand vanaf die kothuis. Montagu is bekend vir sy droëvrugte, muskadel en het 3 wynkelders met proelokale.

'n Hele aantal staproetes begin ongeveer 350 m vanaf die kothuis. Dit is ook die ideale basis vir ander doendinge in die omgewing, soos rotsklim, bergfietsry, warmwaterbronne, sterrekyk en trekkerritte. Daar is verskeie ander bekende wynkelders in die area om ook te besoek.

Marchelle, een van die gasvroue, is 'n offisiële toergids met haar eie toeriste besigheid op Montagu. Sy bied begeleide geskiedkundige toere van Montagu aan of te voet of per fiets. Haar kunsfietse wat deur verskeie kunstenaars op die dorp geverf is, kan ook gehuur word.

Slaapplek

'n Bespreking by Krom Cottage sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Krom Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R780 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za