Kruger Afrique Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kruger Afrique Lodge is in Marlothpark en bied lieflike kamers met slaapplek vir 2 tot 4 gaste.

Dié lodge bied die geleentheid om 1 van die kamers of al 4 kamers saam vir 'n groep of gesin te bespreek; die Namibië kamer, Mosambiek kamer, Swaziland kamer en die Suid-Afrikaanse kamer.

Die kamers het elk lugversorging, 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Sommige kamers het beddens wat op versoek in enkelbeddens omskep kan word. Daar is 'n slaapbank in die Suid-Afrikaanse kamer wat ideaal is vir 2 kinders.

Elke kamer het 'n TV met DStv, 'n kluis en 'n kombuisie wat met 'n mikrogolf, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus is. Elke kamer lei na 'n patio met braaigeriewe en die kamers word daagliks skoongemaak.

Kruger Afrique Lodge bied toegang tot 'n gemeenskaplike dek met 'n kombuis en braaigeriewe op die boonste verdieping en braaigeriewe en 'n plonspoel op die onderste verdieping. Daar is ook 'n hoofkombuis, sitkamer en 'n buitebadkamer met 'n stort. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.

Marlothpark bied die geleentheid om 'n wye verskeidenheid wild te sien wat vrylik rondloop, voëlkyk, fietsry, wandelpaaie en vierwielmotorfietsry. Die dorp het ook die basiese geriewe, soos 'n drankwinkel, restaurant, bakkery, kuriositeitswinkel en 'n vulstasie.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kruger Afrique Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za