Joubertina Akkommodasie by Krugers Kraal Stone Cottage | LekkeSlaap
+67

Krugers Kraal Stone Cottage

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 240 op die R62, The Heights, Joubertina, 6410, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R650 per nag (vir 6 persone)

Beskrywing

Krugers Kraal Stone Cottage is 'n selfsorgkothuis naby The Heights in die Langkloofvallei op die skilderagtige Kaapse Roete 62 tussen Kareedouw en Joubertina. Die perseel het lieflike uitsigte op die Tsitsikammaberge en loop al langs 'n nou treinspoor af.

Dié knus kothuis het slaapplek vir 6 gaste op 1 dubbelbed, 'n stapelbedstel en 2 enkelbeddens. Daar is 1 enkelbed op die grondvloer onder die trappe en die res is bo. Die badkamer het 'n stort, wasbak, toilet en 'n wasmasjien. Hou maar 'n ogie oor die kinders by die trappe.

Die kombuis is volledig toegerus en beskik oor 'n mikrogolfoond, ketel, broodrooster, stoof, oond en yskas-vrieskas. Die sitkamer het gemaklike rusbanke en 'n TV met sekere DStv-kanale.

Daar is Eskom-krag en die kothuis gebruik gas vir warm water en die stoof. Daar is beperkte selfoonontvangs in en rondom die kothuis. MTN-sein is nogal goed in dié omgewing. Daar is WiFi teen 'n ekstra koste beskikbaar.

Die Langkloof is 160 km lank en is tussen Herold, 'n klein dorpie noordoos van George en The Heights, net anderkant Twee Riviere in die Oos-Kaap. Die R62 loop deur die hele vallei en verbind die N2 naby Humansdorp met die N9 naby Uniondale.

Slaapplek

’n Bespreking by Krugers Kraal Stone Cottage sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
Plek vir 6 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
1 xDubbelbed
1 xStapelbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 48 resensies vir Krugers Kraal Stone Cottage
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Plaas 240 op die R62, The Heights, Joubertina, 6410, Oos-Kaap
  • Gaste dink Krugers Kraal Stone Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R650
per nag (vir 6 persone)
Vanaf R650
per nag (vir 6 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 240 op die R62, The Heights, Joubertina, 6410, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRjZDM2ODBjLTY4NTEtNDRkMi1iNGE1LTQ3MjQ3ODJjNGI3NA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R650  per nag (vir 6 persone) 48 5 1 5 Farm 240 on R62 The Heights 6410 Oos-Kaap 086 999 0018 15:00-20:00 10:00 -33.862736111111 24.006783333333
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za