Krystal Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Krystal Cottage is in die Fleur Park-vakansieoord in Gordonsbaai geleë en is ideaal vir 'n groep van 5.

Hierdie grondvloerkothuis beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed, terwyl die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens het. Daar is nog 'n enkelbed in die leefarea. Die badkamer is ingerig met 'n stort en 'n afgeskorte area wat as 'n bad vir kinders kan dien.

Die oopplan-leefarea het 'n kombuis wat toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas en 'n ontbythoekie. Daar is ook 'n TV in die sitarea.

Die kothuis bied 'n afgeskorte onderdak-braai-area met 'n etenstafel vir 6 mense en 'n uitsig oor die see. Daar is 2 motorafdakke waar gaste kan parkeer.

Krystal Cottage is só geleë dat gaste maklik die wynplase, wildplase en besienswaardighede in Kaapstad kan besoek. Die kothuis is stapafstand van die Krystal Beach Hotel en Harbour Island wat verskeie eetplekke bied. Dit is ook net 'n 50 m-stappie van die kothuis af tot by die strand.

Slaapplek

'n Bespreking by Krystal Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Krystal Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 200 per nag (plek vir 5)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za