Kuier op Demper

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kuier op Demper is 'n rustieke strand-eiendom in Onrus en is sowat 5 minute van die strand af geleë. Dié selfsorghuis leef lekker na buite, het slaapplek vir 15 gaste en bestaan uit 3 dele.

Die hoofhuis het 2 slaapkamers op die boonste verdieping, 'n badkamer met 'n bad, en 'n oopplan-sitkamer, -eetkamer en -kombuis. Die kombuis is ten volle toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond en skottelgoedwasser. Gaste het toegang tot 'n braai-area op die veranda, en daar is ekstra onthaalplek onder die bome in 'n pragtige tuin. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n enkelbed. Daar is dus slaapplek vir altesaam 3 gaste. DStv is beskikbaar teen ekstra koste by die TV in die hoofhuis. Reël dit asb. vooraf wanneer jy bespreek.

Die Kinders se Gat kan slegs saam met die hoofhuis bespreek word en is op die onderste verdieping geleë. Dié eenheid het slaapplek vir 10 gaste en het 'n gerieflike oopplan-sitarea met 'n wasbak, kisvrieskas diepvries en wasgoedgeriewe. Daar is 2 slaapareas met 'n badkamer.

Die slaapsaal het 8 stapelbeddens en die aparte slaapkamer langsaan het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet (10). Let daarop dat hierdie eenheid kan slegs saam met die hoofhuis bespreek word weens die opset met selfsorggeriewe.

Die hoofhuis en Kinderse se Gat bied slaapplek aan altesaam 13 gaste. Kinders se Gat het volle toegang tot die braai- en onthaalarea, asook al die hoofhuis se geriewe.

Kuier op Dempers is 'n eenheid op die boonste verdieping en het 1 slaapkamer, en 'n oopplan-sitkamer, -kombuisie en -eetkamer. Die kombuisie is toegerus met 'n yskas en 'n mikrogolfoond. Die badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Die slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste het toegang tot 'n privaat buite-braai met 'n uitsig. Die woonstelletjie het nie 'n TV nie - DStv is slegs by die hoofhuis beskikbaar. Hierdie eenheid kan saam met die hoofhuis bespreek word vir altesaam 5 gaste, of saam met Kinders se Gat vir altesaam 15 gaste.

Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asseblief hul eie strandhanddoeke saambring. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar, en daar is 24 uur-sekuriteit en gewapende reaksie. Gas-kookgeriewe is op versoek beskikbaar.

Daar is talle doendinge en besienswaardighede in Hermanus, en dit sluit Benguela Cove-wynlandgoed, Bientang se Grot, die Fernkloof Natuurreservaat, staproetes, Grotto Beach, krans-paadjies, bergfietsroetes, walvistoere, Zipline-toere, gholfbane en wynplase in. Die naaste winkels is die OK-kruidenierswinkel in Vermontlaan, of die groot Whale Mall op die R43, op pad na Hermanus.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kuier Op Demper gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R725 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za