Kuname Lodge
- Kapasiteit: 12 persone
-
Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Karongwe Private Game Reserve, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Geen kinders onder 12
- Vanaf R14 580 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Kuname Lodge is 'n klein ekslusiewe safari lodge in ongeveer 9000-hektaar se ongerepte bosveld, in die Karongwe Privaat Wildreservaat.
Die verblyf bied 4 luukse suites, 1 premier suite, herehuis en luukse selfsorgbosvilla. Die luukse suites het slaapkamers met 2 enkelbeddens of 'n dubbelbed. Die slaapkamers het ook lugversorging en 'n en suite-badkamer met 'n buitelugstort en 'n bad. Daar is ook 'n yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe. Die herehuis het 2 en suite-slaapkamers en bied slaapplek aan kinders onder12 jaar. Die luukse selfsorgbosvilla het 2 slaapkamers en 'n badkamer met 'n bad en 'n stort.
Geriewe op die perseel sluit 'n swembad en veilige parkeerplek in.
Die lodge is slegs 45 min se ry vanaf die wêreldbekende Krugerwildtuin. Die perseel grens aan die platorand van die Drakensberge aan die westelike kant en is in 'n wildryke, welige plantegroei-omgewing. Dié perseel bied asemrowende uitsigte, diverse landskappe en van Suid-Afrika se beste geleenthede om die Groot-5 te sien
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Begeleide Wildritte Ingesluit
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Wynkelder
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Tee
- Alle Etes Ingesluit
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Karongwe Private Game Reserve, Hoedspruit, 1380, Limpopo
Sien meer verblyf in Kruger tot Canyons Limpopo
- Kapasiteit: 12 persone
-
Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Karongwe Private Game Reserve, Hoedspruit, 1380, Limpopo
- Geen kinders onder 12