Kunjani Wines Shiraz Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kunjani Wines Shiraz Cottage is 'n privaat selfsorg-kothuis tussen die wingerde wat perfek is vir 'n paartjie op soek na 'n plattelandse wegbreek uit die stadsgewoel. Dis ook ideaal vir sakereisigers omdat dit so lekker naby die stad is. Dié kothuis word omring deur wingerde en spog met uitsonderlike uitsigte.

Die Shiraz-kothuis is 'n dubbelverdiepingeenheid met slaapplek vir 4 gaste. Dit beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n gaste-toilet en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die slaapkamers is op die boonste verdieping. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n paneelverwarmer. Die ander slaapkamers het 2 enkelbeddens.

Die kombuis, eetarea en leefarea is onder. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër in. Die eetarea het 'n eetkamerstel vir 6. 'n TV met Netflix en WiFi is beskikbaar. Daar is ook veilige parkeerplek op die perseel.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Wynproe

Badkamer

  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kunjani Wines Shiraz Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 900 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za