Kurland Hotel

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kurland Hotel is in familiebesit en word bestuur as 'n trotse lid van die Relais & Châteaux-vereniging. Die hotel is naby die skilderagtige strandoorde, Plettenbergbaai en Nature's Valley, in die hartjie van die Tuinroete.

Hierdie boetiekhotel bied elegante, landelike verblyf met 12 suites wat algehele privaatheid bied en dus die reputasie verkry het as 'n eksklusiewe skuilplek. Ons is geleë op 'n enorme 700 ha privaat landgoed, tussen die berge en die ongerepte strande van Nature's Valley, omring deur ongelooflike natuurskoon. Die fauna en flora op die landgoed bied aan gaste 'n blik op die inheemse plante, struike en bome wat in die area gevind word.

Kurland Hotel is ontwerp met uitsonderlike geriewe vir gesinsvakansies, en, as gevolg van die area se Mediterreense klimaat, is dit dwarsdeur die jaar die ideale bestemming vir prettige vakansies, romantiese wegbreekgeleenthede, eksklusiewe troues, en familie-reünies.

Vir families reël ons verbeeldingryke aktiwiteite, spesifiek ontwerp vir kinders van alle ouderdomme. Ons uitgebreide geriewe vir jong gaste is knap ontwerp, weg vanaf die hoofareas, om aan kinders hul eie speelruimte te bied. Kinders kan hulle maaltye geniet in 'n verskeidenheid liggings, insluitende hulle eie kindereetkamer, die speelkamer, in die gerief van hulle eie kamers, of per uitnodiging aan die uitvoerende sjef se tafel in die kombuis.

Kurland is sinoniem met 'n perderuiter-leefstyl, asook 'vinnige en vurige'-polo op gehalte-gronde.
Die sport is bewese as 'n ware ambassadeur vir Plettenbergbaai, en vele wêreldklasgeriewe is daargestel vir entoesiaste. Dit is 'n plek waar die polospelers en hulle families polo en 'n kusvakansie kan kombineer.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Skoonheidskliniek
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Portier
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gimnasium
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Frans
  •  Spaans

Konferensiegeriewe

  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Kantoorgeriewe
  •  Rekenaar Netwerklewering
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Videospeler
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kurland Hotel gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 620 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za