Kusudalweni Safari Lodge & Spa

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ons lodge het 5 slaapkamers en dis ontwerp om die rustieke atmosfeer van die Bosveld met die styl en elegansie van 'n top-klas safari-bestemming te kombineer. Ons gaste kan uitsien na elke gerief en gemak denkbaar. Dit sluit in wildritte, kundige natuurgidse, 'n volledige restaurant wat net die beste Pan-Afrikaanse wyn en kookkuns bedien. Verder is daar ook al fresco-braais wat deur ons wonderlike sjefs voorberei word.

Die hoof-lodge is 'n ruim struktuur uit warm, natuurlike hout met 'n grasdak en oorgenoeg ontspanningsruimte op die verandas wat om ons verskeie eet- en vermaakareas strek. Hier sal jy die kristalhelder swembad, restaurant, geskenkwinkel en die gemeenskaplike sitkamers en kroeg aantref.

By Kusudalweni Safari Lodge en Spa het ons 4 luukse, losstaande grasdak-chalets. Dit sluit 3 eenslaapkamer-chalets en 1 tweeslaapkamer-chalet. Die chalets is individueel geplaas aan die einde van kronkelende wandelpaadjies wat met die hoof-lodge skakel. Elke chalet is weggesteek in die natuurlike bebosde omgewing om jou privaatheid te verseker. Elke kamer beskik oor: koffie- en teemaakgeriewe, persoonlike kluise, yskassies met voorraad, binne- en buitestorte, ekstra-groot gemaklike beddens met luukse beddegoed, haardroërs en muskietnette wat hang om 'n regte Afrika-sjiek atmosfeer te skep. Elke chalet het sy eie privaat plonspoel/Jacuzzi vir jou genot. Stel jou voor... 'n Kalm oase van skoon, wit perkallinne, lugversorging en absolute privaatheid waar jy wegbreek en 'n lekker middagslapie kan geniet, snags rustig kan slaap of net kan ontspan op jou privaat dek met 'n glas wyn of 'n goeie boek. Ons het 'n stil sitkamer met satelliet-TV waar groot kompetisies en ander belangrike geleenthede aanskou kan word.

Daar is 'n hele rits ontspannende en opwindende aktiwiteite om aan te pak. Kom bederf jouself met een van ons spa-behandelings wat spesifiek by jou behoeftes aangepas word. Onderneem 'n oggend-, laatmiddag- of nag-safari in Manyaleti, 'n voldag-safari in die Krugerwildtuin, 'n bootrit op die rivier of nog baie meer.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kusudalweni Safari Lodge & Spa gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R8 800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za