Kuta Beach

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 20 % af

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 4 Nov 2019 tot 1 Des 2019.

Beskrywing

Kuta Beach bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n vierslaapkamerwoonstel op die grondvloer van 'n veilige kompleks in Ramsgate. Dié ligging bied maklike toegang tot strande, winkels, restaurante, kroeë en nagklubs in die area.

Die woonstel beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die ander 3 kamers het elk 2 enkelbeddens. Twee van die slaapkamers het skuifdeure wat na die grasperk lei en die ander 2 slaapkamers kyk uit oor die gemeenskaplike swembad.

Die oopplan-kombuis het 'n ontbythoekie en is toegerus met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolf, wasmasjien en 'n skottelgoedwasser. Die leefarea het 'n TV met volle DStv en 'n DVD-speler, asook 'n eetkamertafel met stoele. Die hele woonstel het plafonwaaiers wat ideaal is vir die somerdae. Die stoep het buitemeubels en lei na die grasperk waar gaste 'n gedeeltelike see-uitsig kan geniet. Daar is gas- en houtskoolbraaigeriewe op die stoep.

Die kompleks word beveilig met 'n elektriese heining en afstandbeheerhekke. Die woonstel het sy eie toesluitmotorhuis met plek vir een motor. Gasteparkeerplek word op 'n eerste gesien, eerste bedien-basis aangewys. Linne word vir al die beddens voorsien en gaste moet hul eie swem- en badhanddoeke saambring. Daar is 'n daaglikse skoonmaakdiens teen 'n ekstra fooi beskikbaar en dit moet vooraf bespreek word. Die woonstel word skoongemaak voor gaste inklok en die eerste pak toiletpapier, badkamer- en skottelgoedseep word voorsien.

Slaapplek

'n Bespreking by Kuta Beach sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kuta Beach gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 370 R1 096 per nag (plek vir 8)

Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 4 Nov 2019 tot 1 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za