Kuta Beach A

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 20 % af

Bly 5 nagte en betaal slegs vir 4 vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 10 Nov 2019 tot 10 Des 2019.

Beskrywing

Kuta Beach A is 'n selfsorg-woonstel in Ramsgate, 'n vakansiedorpie net suid van Margate aan die suidkus van KwaZulu-Natal. Die Suidkus se goue strande, strandmere, rotsagtige baaitjies, graswalle, warm water van die Indiese Oseaan, sonnige weer, subtropiese woude en plantegroei lok jaarliks, veral oor die feesseisoen, 'n skare vakansiegangers.

Dié tussenvloerwoonstel het 3 slaapkamers en 2 badkamers, en bied slaapplek aan 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer en 'n koningingrootte-bed. Die tweede slaapkamer is ook ingerig met 'n koniningrootte-bed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die en suite-badkamer het 'n stort en die tweede badkamer het 'n bad. Losstaande waaiers is in elke slaapkamer beskikbaar.

Die woonstel het ook 'n kombuis met 'n ontbyttoonbank en 'n sitkamerarea. Die kombuis is goed toegerus met 'n stoof, 'n oond, 'n yskas-vrieskas, 'n ketel, 'n broodrooster en 'n mikrogolfoond. Die ontbyttoonbank het 5 stoeltjies. 'n Wasmasjien en tuimeldroër is gerieflikheidshalwe beskikbaar. 'n Gemaklike sitkamerstel en 'n TV met sekere DStv-kanale is in die sitkamer beskikbaar. Die woonstel spog ook met 'n onderdak-balkon met sitplek vir 6 gaste en 'n gasbraaier. Die kompleks het 'n toesluit-motorhuis vir 1 voertuig.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Kuta Beach A gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 064 R1 064 per nag (plek vir 6)

Bly 5 nagte en betaal slegs vir 4 vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vanaf 10 Nov 2019 tot 10 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za